|
As Afrikaners, bou ons saam aan die toekoms van Suid-Afrika
Die politieke realiteite van Suid-Afrika misken tans die posisie
van die Afrikaner. Daarom bemoei die Afrikanerbond hom met die
sosio-politieke heil van die Afrikaner.
Die Afrikanerbond is 'n effektiewe liggaam wat in die bresse treë
vir die Afrikaner, wat saakmakend is in belang van die Afrikaner, wat die
Afrikaner kan help om weer sy regmatige plek in die samelewing te vind.
Die Afrikanerbond is gemoeid met die handhawing van
fundamentele regte, demokrasie, die bevordering van verantwoordelike burgerskap
en patriotisme. Die Afrikanerbond van vandag is 'n samevoeging van Afrikaners
wat bereid is om te dien, leiding te neem en voor te loop. Ons doen dit
omdat die Afrikaner onlosmaaklik deel is van Suid-Afrika en die land wil laat
slaag Die Afrikanerbond is 'n belange-organisasie vir Afrikaners
wat ‘n netwerk geleentheid daarstel waardeur kundigheid ontsluit kan word en
debat gestimuleer word. Dit stel die Afrikanerbond in staat om aktief met die
regering van die dag te skakel ten einde werkbare oplossings vir die
probleme van die dag te ontwikkel.
Die Afrikanerbond bevorder onbeskaamd Afrikanerbelange op elke
moontlike lewensterrein sonder dat dit in selfsug of tot onregmatige
bevoordeling geskied.
Ons is trots om Afrikaners te wees!
|