Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 13 Oktober 2020
Terug na e-Afrikaner

Teken 11 November 2020 aan - Webinaar met mnr FW De Klerk


In die tyd van inperking het ons met groot sukses reeds ses Zoom webinare aangebied vir ons lede en belangstellendes. Ons het vantevore reeds vir Prof Andre Duvenhage van NWU as ʼn gas gehad rondom die politieke omgewing in Suid-Afrika,   Daarna was dit Prof Jannie Rossouw van WITS wat ʼn ekonomiese perspektief gehad het gevolg deur Jan Oberholzer bedryfshoof van Eskom. Dit is weer opgevolg deur 'n gesprek met Tim du Plessis rondom ʼn nuwe politieke en ekonomiese bestel en daarna was Flip Buys van die Solidariteitsbeweging ons gas en is ons toegelig oor selfbestuur. Op 16 September was Dr Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudinge ons gas rondom sy nuwe boek en die moontlike scenario’s vir Suid-Afrika. 

Dit is vir ons aangenaam om te bevestig dat ons volgende gas, voormalige president FW De Klerk is. Teken dus voorlopig die datum 11 November 2020 om 17:00 aan. Ons het mnr de Klerk genooi om gedagtes te wissel oor 'n regstaat en die huidige bedreigings vir die grondwet, die posisie van minderhede  en wat ons kan en behoort te doen om die grondwet tot ons voordeel aan te wend.   

Hou u e-pos dop vir meer besonderhede vir registrasie 

Datum:  11 November 2020
Tyd:       17:00 
Zoom Webinaar   

Deel met ander belangstellendes

Share by: