Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 16 November  2020
Terug na e-Afrikaner

Youtube skakel na aanbieding van voormalige President FW De Klerk 
tydens AB in dialoog webinaar op 11 November 2020 


Youtube skakel – AB in dialoog webinaar met voormalige president, mnr FW De Klerk 

Met die instemming van mnr FW De Klerk plaas ons graag die verkorte video aanbieding van die AB in dialoog webinaar van Woensdag 11 November 2020 op ʼn geslote basis op Youtube.

Tydens die webinaar wat besonder goed bygewoon is het mnr de Klerk ʼn aanbieding gemaak (soos afsonderlik gerapporteer) en daarna ʼn verskeidenheid van vrae geantwoord oor die volgende kwessies:  
- Of hy dinge anders sou gedoen het op 2 Februarie 1990;  
- Of die ANC met integriteit onderhandel het tydens Kodesa;  
- Die ontrekking van die Nasionale Party aan die Regering van Nasionale Eenheid en of of so ʼn RNE nie in 2020 weer kan help om die groeiende polarisasie te oorbrug nie; 
- Oor die Nasionale Party en die leemte wat gelaat is; 
- Of ʼn groter fokus op groepsregte in die grondwet nie groter beskerm sou bied aan taal- en kultuurregte nie:   
- Korrupsie in die verlede en die hede; 
- Die Wes-Kaap en onafhanklikheid; 
- Die onlangse verkiesings in die VSA, die kandidate en die uitslag;  
- Die werksaamhede van die Global Leadership Foundation, ʼn forum van staatsleiers en moontlike advies vir Suid-Afrika; 
- Die hoë vlakke van misdaad en veral plaasmoorde; 
- Oor regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, die toekoms en hoop vir jong Suid-Afrikaners.  

Heelwat lede het versoek dat ons die besonder insiggewende gesprek op die wyse deel.    

Die Youtube skakel na die webinaar is: 
 (kliek op skakel om te aktiveer)  
 
Ons hou u op hoogte van ons volgende AB in Dialoog webinaar wat vroeg in 2021 sal plaasvind en waartoe mnr Moeletsi Mbeki reeds ingestem het. 

Deel met ander belangstellendes

Share by: