Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 18 Februarie 2022
Terug na e-Afrikaner

FAK se Genealogiefees - Saterdag 9 April 2022


Die FAK het in 2021 onderneem dat “... die fisiese fees eintlik net uitgestel word en weer sal plaasvind, sodra die inperkingsmaatreëls ons toelaat.” 
Dus goeie nuus – ’n fisiese fees word vir Saterdag 9 April 2022 beplan.
 
Ons nooi jou en ander betrokkenes uit om saam te kom feesvier!
 
Na twee jaar van inperking en wel digitale genealogiefeeste (10 Oktober 2020 & April – Mei 2021 op Facebook & YouTube wat meer as 24 000 kykers gelok het) beplan die FAK ’n fisiese 12de Genealogiefees ter aansluiting van die VOC-fees.
 
Die bestuur het die besluit geneem met inagneming van die oorspronklike doelstellings van die fees nl. om
 
  1. ’n geleentheid te skep vir lede van die publiek om in ’n feesatmosfeer verteenwoordigers van verskeie familiebonde, navorsers, navorsingsinstansies en verenigings te ontmoet om hul genealogiese vrae persoonlik te vra.
  2. ’n netwerkgeleentheid vir afgevaardigdes van bg. te bied.
Belangstellende uitstallers word dringend genooi om Isabel via e-pos (isabel@kultuurtuiste.org.za) nie later as Vrydag 11 Februarie 2022 met ’n voorstel/instemming te kontak, indien jy/jul op 9 April 2022 beskikbaar is vir die inrig van ’n uitstalruimte op die Voortrekkermonumentterrein.

Doel: Bekendstelling van navorser(s)/familiebond/vereniging/handelaar se navorsing/publikasies/projekte, ens. aan die wyer publiek in feesatmosfeer.
Potensiële uitstallers sal dan voor einde Februarie ’n Inskrywingsvorm ontvang t.w.v. bemarking in Maart 2022.
Die verdere goeie nuus – 
Koste: die FAK sal die koste van die fees dra.
Uitstallers moet net op Saterdag 9 April vanaf 09:00 tot 14:00 beskikbaar wees vir bemanning van hul uitstalruimte. 
 
Met vriendelike groete
 
Isabel Groesbeek
Projekbeampte: Genealogie
nms FAK
 
Sel + 27 82 441 2325
E-pos isabel@kultuurtuiste.org.za

Kommentaar: FAK Genealogie

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: