Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 18 Februarie 2022
Terug na e-Afrikaner

Taal in koshuise - Erken en respekteer diversiteit


Op Donderdag 10 Februarie 2022 is die Afrikanerbond laatmiddag deur bekommerde en ontstelde ouers van hulle seun wat 'n eerstejaarstudent in 'n koshuis by die Universiteit van Pretoria is gekontak. (Om die student te beskerm sal ons nie die naam van die student of die koshuis noem nie.) Die seun het sy ouers ingelig dat hy en sy kamermaat verbied is om in Afrikaans, wat hulle huistaal is, met mekaar te praat. Die verbod op Afrikaans in die algemene areas word voorgehou aangesien “Engels die amptelike taal is.” 

Ons het die saak onmiddellik op Vrydag 12 Februarie 2022 opgeneem met die rektor Prof Tawana Kupe. Ons het dieselfde dag reeds ʼn skrywe vanaf Prof Caroline Nicholson ontvang wat in opdrag van Prof Kupe soos volg gereageer het: 
  
“The University of Pretoria Language Policy (2016) made provision for English as the Language of tuition and primary language of administration and communication. This policy was revised in 2021 and from 2022, Afrikaans and Sepedi will be added to the languages of communication and administration. The implementation of the revised policy will be incremental and an implementation plan has been developed.” 

The residences and administration staff of the University are encouraged to also make use of other languages in their communications with clients insofar as this is feasible, practicable and affordable.
 
Nowhere are students or staff banned from making use of their home language and the University is committed to developing a culture of multilingualism on the campuses. Staff and students are requested not to use languages in group settings in circumstances where the language is not understood by all participants as this may lead to a sense of exclusion. This really is just a matter of courtesy.
 
I cannot speak to the specific incident you refer to as you have not given any detailed information. I have thus copied the Vice Principle: Student Life and Mr Legari, Director of Residence Affairs and Accommodation. Mr Legari will be best placed to address you on the policy and practice within the residences and to take the matter up with the Residences.” 
(Dele in donker deur ons uitgelig) 

Ons het onmiddellik gereageer en inligting versoek dat die koshuise se taalbeleid en praktyk van die toepassing van die taalbeleid dan aan ons gekommunikeer word. Ons het voorts ook versoek of die persone en bestuur van koshuise weet van die betrokke insident en of ander soortgelyke insidente. (Die Universiteit het bevestig dat hulle nie kennis dra hiervan nie) Ons het spesifiek ook versoek dat daar op ʼn dringende basis met die studenteleierskap en senior studente gekommunikeer word, om soortgelyke insidente te vermy.  

In 'n taalomgewing soos koshuise en kampusse waar daar diverse tale soos Suid-Afrika is, kan en mag een taal nooit afgedwing word nie, en beslis nooit in 'n informele omgewing nie. Indien so 'n opdrag dat Afrikaans of ander inheemse tale nie op informele basis gebruik mag word nie aan Huis- of koshuiskomitees by die Universiteit van Pretoria oorgedra is, is so 'n opdrag ongrondwetlik.

Ons het tot op datum nog nie weer van die Universiteit van Pretoria oor die toepassing van die beleid in koshuise verneem nie en het vroeër die week weer die versoek herhaal. 

Kommentaar: Tuks Koshuise taalbeleid

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: