Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 18 Februarie 2022
Terug na e-Afrikaner

Wes-Kaap Vrugtefees - Saterdag 12 Maart 2022


WES-KAAP BYEENKOMS/ VRUGTEFEES 2022 MALMESBURY
Alle AB-lede word hartlik uitgenooi na 'n eerste en belangrike na-Covid Vrugtefees/byeenkoms. 

Die tema van Bondsraad 2018 was "Die Afrikaner in veranderende tye – die soeke na en implementering van ‘n Meester Narratief
 
Die tema van Vrugtefees 2022 gaan gebruik word om aanvoorwerk te doen vir die voortsetting van hierdie tema met tema: 'n Nuwe Toekomsvisie vir die AB 

Die Vrugtefees 2022 is 'n geleentheid vir openlike en eerlike gedagte wisseling en die uitruil van idees tussen lede van Wes-Kaap en NR-lede in voorbereiding vir die komende Bondsraad.

Brs. Dries Wiese, Voorsitter van die Nasionale Raad en Jan Bosman, Hoofsekretaris, sal die byeenkoms bywoon. Br. Dries Wiese sal as spreker optree.

PLEK: OLOK-saal, Malmesbury Saterdag 12 Maart 2022: 
Registrasie 09:15 en verrigtinge sal duur tot ± 13:00.
Koste vir die byeenkoms ; R150.00pp. Wyn sal beskikbaar wees .
Betalingsbesonderhede: Rek. naam S.J Coetzee, Bank: ABSA, Rekno. 9053410027, Takkode: 632005, Spaarrekening.
Geslote byeenkoms slegs vir AB lede; terugvoer en bevestiging voor of op 4 Maart 2022 by siebertcoetzee@gmail.com of dui onder aan

Groete, Siebert Coetzee, 
Afdeling Swartland

Bevestiging van Bywoning van Wes-Kaap Vrugtefees - Saterdag 12 Maart 2022

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: