Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 19 Mei 2020
Terug na e-Afrikaner

AB webinaar - 20 Mei 2020 (Die politieke omgewing in Suid-Afrika rondom Covid-19) 


Die registrasies vir die AB se eerste webinaar wat Woensdag 20 Mei 2020 om 17:30 plaasvind, het ons stoutste verwagtinge oortref. 

Ons het sedertdien die kapasiteit uitgebrei en kan ons nou heelwat meer AB lede betrek by die webinaar. 

Dit is nou reeds week 7 van die staat van inperking. Soos baie ander dinge in die land het Covid-19 en die regering se hantering daarvan ook die laaste ruk ʼn politieke kleur begin kry. Dit skep op sy eie groot onsekerheid omdat daar soveel standpunte en menings is. Die politieke omgewing was voor Covid-19 reeds problematies en het die afgelope ruk meer dinamies geraak. Ons probeer sin maak uit alles wat gesê word en wil ons lede ook graag op die wyse bemagtig.

AB lede wat nog belangstel om die webinaar by te woon kan ʼn e-pos stuur na kommentaar@abond.co.za met u naam en lidnommer.  U sal dan ʼn e-pos ontvang met ʼn skakel. U moet dan die skakel volg om te registreer. Daarna sal u ʼn bevestiging ontvang of u registrasie suksesvol was met die skakel vir die webinaar.    

Datum: Woensdag 20 Mei 2020  
Tyd: 17:30 – 18:30 
Spreker: Prof André Duvenhage – Noordwes Universiteit 
Tema: Die politieke omgewing in Suid-Afrika rondom Covid-19
 
Hopelik is dit die eerste van vele webinare in die nuwe virtuele wêreld om ons lede ingelig te hou en te bemagtig. 

Deel met ander belangstellendes

Share by: