Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 23 April 2020
Terug na e-Afrikaner

Red die Voortrekkermonument 


VERSPREI SO WYD MOONTLIK!

Vriende,

Red die Voortrekkermonument!

Die Voortrekkermonument is ‘n ikoniese Suid-Afrikaanse erfenisterrein en toerismebestemming. Dit verteenwoordig baie dinge vir baie mense. Maar die belangrikste is dat dit ‘n tasbare simbool geword het van die vermoë om hindernisse te oorkom en by verandering aan te pas.

Maar sonder u hulp sal die Monument waarskynlik nie hierdie keer die verandering oorleef nie.
Hoewel die Monument ‘n verklaarde Nasionale Erfenisterrein is, ontvang dit geen staatsubsidie nie en is hoofsaaklik afhanklik van besoekers vir sy onderhoud en personeel. 

Sedert die uitbreek van die Covid-19-virus in Desember, het besoekersgetalle so drasties afgeneem dat die Monument se inkomste onnoemenswaardig is. Tydens die grendeltyd is die Monument die afgelope weke gesluit – die eerste keer sedert sy bestaan. Die impak daarvan is reeds krities en sal beslis eskaleer.

TENSY U ONS KAN HELP OM DIE MONUMENT TE RED.

Hoe help jy?
2. Vul hierdie vorm in en wys jou steun vir die monument (Vorm is by die bogenoemde skakel) 
3. Jy kan ook ‘n eenmalige donasie (of meermalige donasies) deur die SnapScan-kode of EFT-besonderhede maak. Verwysing: MY MONUMENT

HELP ONS OM DIE RAMP TE OORLEEF. HELP ONS OM NOG ‘N KEER TE VERANDER.

Maak die Monument ‘n ware Suid-Afrikaanse Monument vir almal; die Gelofte ‘n ware Suid-Afrikaanse Gelofte vir almal.

Vriendelike groete,

Cecilia Kruger
Besturende Direkteur: Die Voortrekkermonument en Erfenisstigting

Deel met ander belangstellendes

Share by: