Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 24 Mei  2021
Terug na e-Afrikaner

Vuurwapenbeheer Wetsontwerp  - Lewer kommentaar


Die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet wat Vrydag 19 Mei in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bepaal dat die behoefte om jouself te verdedig glad nie meer aangevoer kan word as rede waarom jy ’n vuurwapen wil besit nie. (Volg die skakel na meer oor die wetsontwerp.)  Die Afrikanerbond gaan self formeel kommentaar lewer. 

Dit is egter duidelik dat hierdie stap saam met die selfgeskepte onbevoegdheid rondom die Sentrale Vuurwapenregister en die agterstand in die uitreiking van vuurwapen lisensies, gesien moet word as nog pogings tot die totale ontwapening van Suid-Afrikaanse burgers . Op 29 April 2019 spreek President Ramaphosa 'n aantal rolspelers toe in die Atterbury Teater in Pretoria. Sy doelwit met 'n wapenvrye Suid-Afrika word baie duidelik deur hom uitgespel. (Kyk na Youtube opname) 

Doen jou deel. Lewer kommentaar direk of stuur jou kommentaar vir die Afrikanerbond vir oorweging. Openbare kommentaar moet ingedien word voor of op 5 Julie 2021 

Uit Rapport van 23 Mei 2021: "Martin Hood, ’n regskenner wat spesialiseer in wapenwetgewing, beskryf die voorstelle as “totaal irrasioneel”. Hy sê die volle wysigingswetsontwerp gaan selfs verder as die opsomming wat Vrydag gepubliseer is. Hy skat dat die helfte van alle wettige vuurwapens in Suid-Afrika aangeskaf is vir selfverdediging. Sou die nuwe voorstelle wet word, sal bestaande wapeneienaars wie se wapens vir selfverdediging geregistreer is, hul wapens kan behou totdat hul lisensie verval. Daarna moet jy jou wapen aan die polisie oorhandig vir vernietiging. Jy sal ook nie onder ’n ander kategorie (soos dié van jagter) kan aansoek doen in ’n poging om jou wapen te behou nie." 

Enigiemand wat kommentaar wil lewer word versoek om binne 45 dae van die datum van publikasie (21 Mei 2021) van die Staatskoerant dit in te dien: E-pos: comments.fcabill@csp.gov.za 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: