Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Besprekingsdokumente wat reeds na AB lede gesirkuleer is vir kennisname en bespreking. 

Terug na besprekingsdokumente

Afrikaneroutonomie – Opsies en moontlikhede deur Prof Deon Geldenhuys   

Heel dikwels word inisiatiewe in verskillende dele van die land en ook in gespreksgroepe onder die aandag van die Afrikanerbond gebring. Inisiatiewe kan insluit kwessies rondom selfbestuur maar dan is daar ook kwessies soos sesessie of afstigting wat deur sekere groepe geïnisieer word. Heel dikwels word daar ook verwys na ʼn sosiale akkoord. 

Die Nasionale Raad van die Afrikanerbond het dit goedgedink om ons lede blootstelling te gee en ingelig deel te neem. Daarom het ons professor Deon Geldenhuys, emeritusprofessor in Politiek aan die Universiteit van Johannesburg, en kundige op die terrein versoek om die begrippe te ontleed en ook voorstelle aan die hand te doen. 

Ons glo dat die besprekingsdokument die haalbaarheid van sommige inisiatiewe sinvol ontleed en ook heelwat praktiese voorstelle maak in die soeke na oplossings vir die politieke oorlewing van Afrikaners. 
Januarie 2020
Share by: