Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 9 November 2020
Terug na e-Afrikaner

11 November 2020 - Webinaar met mnr FW De Klerk


Kom luister en gesels met voormalige president FW De Klerk 

- Woensdag 11 November 2020 om 17:00  

AB in dialoog - Virtuele webinaar reeks 
In die tyd van inperking het ons met groot sukses reeds ses Zoom webinare aangebied vir ons lede en belangstellendes. Ons het vantevore reeds vir Prof Andre Duvenhage van NWU as ʼn gas gehad rondom die politieke omgewing in Suid-Afrika, Daarna was dit Prof Jannie Rossouw van WITS wat ʼn ekonomiese perspektief gehad het gevolg deur Jan Oberholzer bedryfshoof van Eskom. Dit is weer opgevolg deur 'n gesprek met Tim du Plessis rondom ʼn nuwe politieke en ekonomiese bestel en daarna was Flip Buys van die Solidariteitsbeweging ons gas en is ons toegelig oor selfbestuur. Op 16 September was Dr Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudinge ons gas rondom sy nuwe boek en die moontlike scenario’s vir Suid-Afrika. 

Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik) 

Datum: Woensdag 11 November 2020  
Tyd: 17:00 – 18:15  
Spreker: FW De Klerk 
Tema: Die Suid-Afrikaanse regstaat in 2020, die bedreigings vir die Suid-Afrikaanse grondwet, die posisie van minderhede en veral Afrikaners en wat ons kan en behoort te doen om die grondwet tot ons voordeel aan te wend.

Registrasie: Registreer asseblief voor 14:00 op 11 November 2020 (Druk op skakel) 

Meer inligting oor FW De Klerk 

Tydens sy presidensie van September 1989 tot Mei 1994, het FW de Klerk apartheid ontbind en die inklusiewe onderhandelings, wat gelei het tot die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste demokratiese Grondwet in Desember 1993, ingestel en daaroor toesig gehou. Hy het ook in 1993, saam met Nelson Mandela, die Nobelvredesprys ontvang. Ná die verkiesing op 27 April 1994 het mnr De Klerk gedien as een van Suid-Afrika se twee adjunkpresidente tot 1996, toe sy party onttrek het uit die regering van nasionale eenheid. Hy het in September 1997 uit die aktiewe politiek getree. In 1999 het hy sy outobiografie, "Die Laaste Trek - ’n Nuwe Begin" gepubliseer en die FW de Klerk Stigting gestig. Die Stigting onderhou die Grondwet deur die werk van sy Sentrum vir Grondwetlike Regte en bevorder eenheid in diversiteit deur te strewe na goeie intergemeenskaplike verhoudinge en nasionale eenheid. Mnr De Klerk is ook voorsitter van die Global Leadership Foundation wat in 2004 gestig is en waarvan die paneel van voormalige presidente, eerste ministers en staatsmanne agter die skerms raad gee aan regeringshoofde oor aangeleenthede wat hulle raak.

Skakel na registrasie vir AB lede en gaste/belangstellendes:  


(Kliek op die skakel om na die Zoom registrasievorm geneem te word)
Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar – Die skakel vir die gaste se registrasie is dieselfde. Gaste en belangstellendes moet slegs aandui deur wie hulle verwys is.  

Alle deelnemers wat geregistreer het sal ʼn bevestigende e-pos ontvang met die skakel waarop u dan inskakel by die Webinaar. 

Meer inligting oor Zoom vergaderings en webinare 

U kan die Zoom toepassing aflaai of die webgebaseerde instelling gebruik. (Lees gerus ook die volgende handleiding op ons webwerf wat meer inligting gee oor Zoom vergaderings. Al die vrae en handige kwessies word hanteer in die onderstaande

Na registrasie sal u meer inligting ontvang  

Deel met ander belangstellendes

Share by: