Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 26 April 2021
Terug na media

Vryheidsdag - Slegs die Kubane het rede tot viering


(Scroll down for English statement) 

Verklaring deur Jan Bosman 
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond 

Vryheidsdag - dit is net die Kubane wat ons vryheid vier - Kundige Afrikaners en Suid-Afrikaners word op ʼn syspoor geplaas

Vryheidsdag – die oorsprong; 
Waar Suid-Afrika op 27 April 2021 die 27e jaar van demokrasie “vier”, moet Vryheidsdag gesien word teen die agtergrond van ‘n minderheid en meerderheid wat mekaar, vanuit ‘n posisie van konflik, kon vind rondom ‘n onderhandelingstafel. Uit hierdie onderhandelinge is ‘n nasionale akkoord bereik wat neerslag gevind het en geformaliseer is in ‘n oorgangsgrondwet en die finale grondwet van 1996. Alhoewel nie volmaak nie, bied die grondwet voldoende ruimte aan enige regering vir wye besluitneming en word burgerlike regte voldoende beskerm.

Vryheidsdag – in 2021; 
Na 27 jaar van demokrasie, bring ‘n bestekopname van die huidige toedrag van sake egter die donker sy van meerderheidsoorheersing na vore. Dit het duidelik geword dat die regerende party se beleidsuitvoering en uitsprake deur sommige individue die bepalings en ideale van die SA grondwet systap en soms ondermyn. 

Die beleidsraamwerke oor grondhervorming en onteiening, die onverstaanbare dryf na grondwetwysigings, eensydige straatnaamveranderinge, die beperking van Afrikaans by universiteite, toenemende misdaad en plaasmoorde en vele meer het simptomaties geword van ʼn meerderheidsparty wat geen respek vir die Grondwet en die Nasionale Akkoord het nie en doodeenvoudig die burgerlike samelewing probeer oordonder met ongetoetste en ondeurdagte beleidsraamwerke, gegrond op uitgediende ideologieë. Indien konstruktiewe dialoog binne die raamwerk van die Grondwet oor hierdie knel- en kwelpunte met die regering en regerende party moontlik was, sou die toenemende konflik tussen die regering en die burgerlike samelewing vermy kon word. 

Dit is egter in ʼn ideale wêreld waarin politieke wil en die Suid-Afrikaanse belang eerste gestel sou word waarin vryheidsdag werklik betekenis sou kon kry. Tans word ons regering se besluite gerig binne die Wet op Rampbestuur wat – so het ervaring ons geleer - roekeloos ingespan word vir ʼn klomp regulasies en optredes wat moontlik andersins nie toegelaat sou word nie. 

Ou Kubaanse lojaliteite word beloon 
Maar meer nog. Ou Kubaanse lojaliteite word beloon en meer vrae as antwoorde het ontstaan met die geweldige koste om in 2020 Kubaanse dokters na Suid-Afrika te bring en hulle hier te hou.. Volgens sommige berigte is die koste van die 187 Kubaanse gesondheidswerkers sowat R439 916 337. Dus ʼn halfmiljard Rand in ʼn tyd wat ons ekonomie noustrop trek. Nou is 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika gebring om Suid-Afrika behulpsaam te wees met sy water infrastruktuur. Die koste verbonde aan die klompie ingenieurs beloop R64,6 miljoen. Volgens AfriForum het die Departement van Water en Sanitasie in 2017 reeds ongeveer R12 miljoen bestee om Kubaanse ingenieurs aan te stel, maar nooit ’n verslag bekendgemaak oor die werk wat verrig is nie.

Suid-Afrika het dus ʼn kliënt van Kuba geword wat oor tyd sy menslike vaardighede uitvoer na ander lande en so ʼn stewige inkomstebron vir die Kubaanse regering word. Slegs die menshandel in mediese kundigheid van Kubaanse dokters regoor die wêreld bring na wat berig word jaarliks $6–$8 miljard in inkomste vir die Kubaanse regering. Deur ideologiese bevordering befonds Suid-Afrikaanse belastingsbetalers dus indirek die regering van Kuba. 

Dit is egter nie nuwe lojaliteite nie. In 2017 onthul die Vrystaatse Premier, Ace Magashule, ʼn standbeeld ter waarde van R3 miljoen van Fidel Castro in Bloemfontein. Die leier van Kuba wat ʼn internasionale toonbeeld is van mislukte sosialisme word in Bloemfontein vereer deur Magashule wat saam met Zuma die leidende geeste is in die staatskaping projek. Dit is ook hulle wat Radikale Ekonomiese Transformasie en die Nasionale Demokratiese Rewolusie bevorder. Verbind die politieke faksies en hul leiers met die uitvoering van besluite en ʼn duideliker prentjie van Kubaanse lojaliteite kom na vore. 

Vryheidsdag – wat van Suid-Afrikaanse kundigheid en Afrikaners se openbare bereidwilligheid? 
- ʼn Klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner 
Dit is die een kant van die prentjie. Die ander kant is dat die plaaslike bereidwilligheid en aanbiedinge om te help eenvoudig geïgnoreer word. Op 27 Februarie 2021 bied ʼn groot groep Afrikaner organisasies onder die vaandel van die Afrikaner-Afrika Inisiatief deur middel van ʼn openbare verklaring en na gesprek met die Thabo Mbeki Stigting deur ʼn openbare standpunt aan: 
- “om tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika en Afrika by te dra deur hulle vaardighede, netwerk en hulpbronne te gebruik.”

En opnuut ʼn verbintenis te vestig met en spreek hulle uit tot ʼn: 
- “Begeerte om ’n inklusiewe ekonomie te skep om grootskaalse armoede die hoof te bied. Die Partye kom ooreen dat praktiese en gelokaliseerde ekonomiese ingrypingsprogramme aangepak moet word om plaaslike vaardighede en plaaslike kapitaal aan te wend om grootskaalse indiensneming te skep deur die verwydering van beperkende beleide en regulasies wat ekonomiese vernuwing belemmer.” 

En dan die belangrike onderneming:  
- “Munisipale infrastruktuur en die skepping van funksionele plaaslike regering. Die Afrikaner-gemeenskap wil met ander gemeenskappe saamwerk om alle beskikbare vaardighede en ervaring rakende munisipale infrastruktuur en verbandhoudende kundigheid in sommige van die sukkelende munisipaliteite te benut.”

Ter afsluiting in die ooreenkoms was die behoefte gestel 
- “om deur praktiese ervaring die “vertroue tussen ons mense en gemeenskappe te ontwikkel, maar – nog belangriker – om saam te werk om die gees van vuk’uzenzele, selfstandigheid, selfhelp en selfversorging onder die gemeenskappe te bevorder.” 

Hierdie was ʼn openbare standpunt tot bereidwilligheid deur Afrikaners. Die kundigheid en ervaring is egter nie net beperk tot Afrikaners nie maar is opgesluit in baie Suid-Afrikaners se vermoë, ervaring en bereidwilligheid. Die klem op die invoer van Kubaanse kundigheid is gevolglik ʼn klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner. 

Vryheidsdag 2021 – Die Kubane jubel en juig 
Die Kubaanse betrokkenheid skep groot ongemak by die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Die vrae oor die Kubane se teenwoordigheid in die land en wat die werklike koste vir Suid-Afrika sal wees word nie beantwoord nie. Die Kubane wat nie die plaaslike omstandighede ken en verstaan nie word teen groot koste ingevoer terwyl plaaslike kundigheid en ervaring gereed staan om te help. Dit is al telkemale in gesprekke en interaksie met die regering en die ANC uitgelig en aangebied. Skynbaar tel plaaslike kundigheid nie. 
 
Vryheidsdag behoort vir Suid-Afrikaners ʼn dag van viering wees: vry van armoede, vry van misdaad en vryheid van ideologiese beperkinge, reëls en regulasies wat in die pad staan van ongekende ekonomiese groei. Om werklik vry te wees sou beteken dat die ideologiese beperkinge van regstellende aksie en kwotas, transformasie en swart ekonomiese bemagtiging nie in spel sou wees nie. Om werklik vry te wees sou beteken dat die ekonomie gelyke geleenthede bied vir almal en dat meriete, prestasie en talent voorspoed en welvaart vir Suid-Afrika sou beteken het.  

Suid-Afrikaanse Vryheidsdag op 27 April 2021 word waarskynlik slegs gevier deur die sowat 211 Kubane wat hulle eie sosialisme tydelik verruil het vir die korrupte Suid-Afrikaanse weergawe waarin ʼn handvol kaartdraende ANC-kaders onder die dekmantel van Radikale Ekonomiese Transformasie lustig voortplunder en steel. 

-------------------------------------------------------------------

Statement by Jan Bosman 
Chief Secretary of the Afrikanerbond 

Freedom Day - only the Cubans are celebrating our freedom – Experienced Afrikaners and South Africans are sidetracked. 

Freedom Day - its origins; 
With South Africa "celebrating" the 27th year of democracy on 27 April 2021, Freedom Day must be viewed against the background of a minority and a majority who, from a position of conflict, could find each other around a negotiation table. From these negotiations, a national accord was reached which was enshrined and formalised in a transitional constitution and ultimately in the final Constitution of 1996. The Constitution, although not perfect, provides sufficient scope to any government for wide-ranging decision-making while adequately protecting civil rights.

Freedom Day - in 2021; 
Following 27 years of democracy, however, an inventory of the current state of affairs reveals the dark side of majority domination. It has become clear that the ruling party's policy implementation and pronouncements by certain individuals sidestep and sometimes undermine the provisions and ideals of the SA Constitution. 

The policy frameworks on land reform and expropriation, the incomprehensible drive for constitutional amendments, the unilateral changing of street names, the marginasliation of Afrikaans at universities, increasing crime and farm murders and much more have become symptomatic of a majority party that has no respect for the Constitution and the National Accord and that is intent on overwhelming civil society with untested and ill-considered policy frameworks based on outdated ideologies. If constructive dialogue, within the framework of the Constitution, on these issues and concerns with the government and ruling party were possible, the increasing conflict between the government and civil society could be avoided.  

It is only in an ideal world in which political will and South African interests were put first that Freedom Day would truly become meaningful. At present, our government's decision-making is directed by the Disaster Management Act, which - as experience has taught us - is recklessly applied for regulations and conduct that might not otherwise be permitted. 

Long-standing Cuban loyalties rewarded 
But there is more. Long-standing Cuban loyalties are being rewarded and more questions than answers have arisen with the huge cost of bringing Cuban doctors to South Africa in 2020 and keeping them here. According to some reports, the 187 Cuban health workers have already cost us some R439 916 337. Thus, half a billion rand in a time when our economy is on its knees. Now, 24 Cuban engineers have been imported to assist South Africa with its water infrastructure. The costs of having these engineers brought over amount to R64,6 million. According to AfriForum, the Department of Water and Sanitation already spent approximately R12 million in 2017 to appoint Cuban engineers, but they never published a report on the work done.

South Africa has accordingly become a client of Cuba, which has been establishing a sizable source of income for the Cuban government by exporting human resources to other countries. Trafficking in the medical expertise of Cuban doctors around the world alone is reportedly bringing in $6-$8 billion in revenue for the Cuban government annually. South African taxpayers are therefore indirectly funding the Cuban government through ideological promotion. 

These are not new loyalties, though. In 2017, Free State Premier Ace Magashule unveiled a statue of Fidel Castro worth R3 million in Bloemfontein. The leader of Cuba, an international example of failed socialism, was honoured in Bloemfontein by Magashule who, together with Zuma, were the leading figures in the state capture project. They were also the ones promoting Radical Economic Transformation and the National Democratic Revolution. Connect the political factions and their leaders with the implementation of decisions, and a clearer picture of Cuban loyalties emerges. 

Freedom Day - what about South African expertise and Afrikaners' public commitment? 
- A slap in the face of every South African 
This is one side of the picture. The other side is that local commitment and offers to help are simply being ignored. On 27 February 2021, a large group of Afrikaner organisations under the banner of the Afrikaner-Africa Initiative offered, through a public statement and following discussions with the Thabo Mbeki Foundation: 
- "to contribute to the economic development of South Africa and Africa by using their skills, network and resources"
and to commit themselves once more to a: 
- "desire to create an inclusive economy to combat mass poverty. The Parties agreed that practical and localised economic intervention programmes should be undertaken to employ domestic skills and domestic capital to create mass employment by removing restrictive policies and regulations that impede economic renewal.” 

And then the important undertaking:  
- “Municipal infrastructure and the creation of functional local governance: The Afrikaner community wishes to cooperate with other communities to utilise all available skills and experience pertaining to municipal infrastructure and related expertise in some of the struggling municipalities.”

The agreement concluded by stating the need 
- “through practical experience, to develop ‘trust between our people and communities, but - more important - to work together to promote the spirit of vuk'uzenzele, self-sufficiency, self-help and self-care among communities.’" 

This was a public statement of commitment by Afrikaners. However, the expertise and experience are not only limited to Afrikaners but are locked up in the abilities, experience and commitment of many South Africans. The insistence on importing Cuban expertise is therefore a slap in the face of every South African. 

Freedom Day 2021 - Cubans are celebrating
The Cuban involvement is cause for much discomfort in all South African communities. The questions about the Cubans' presence in the country and what the real costs will be for South Africa go unanswered. Cubans, who neither know nor understand our local conditions, are imported at great cost while those with domestic expertise and experience are ready and willing to help. This has been repeatedly highlighted and expressed in talks and interactions with the government and the ANC. It would seem that local expertise counts for nothing, though. 
 
Freedom Day should be a day of celebration for South Africans: free from poverty, free from crime and free from ideological constraints, rules and regulations that stand in the way of unprecedented economic growth. To be truly free would mean the absence of ideological constraints such as affirmative action and quotas, transformation and black economic empowerment. To be truly free would mean an economy that provides equal opportunities for all and a South Africa in which merit, achievement and talent bring wealth and prosperity.  

South African Freedom Day on 27 April 2021 will most probably only be celebrated by the 211 Cubans who have temporarily exchanged their own socialism for the corrupt South African version in which a handful of card-carrying ANC cadres merrily loot and steal under the guise of Radical Economic Transformation. 

Deel met ander belangstellendes

Share by: