Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Betekenis van die Afrikanerbond se embleem


Gebaseer op die eenvoud van die oorspronklike Broederbond embleem, tog meer modern en verteenwoordigend van die huidige eeu.

Die sirkel, driehoek en band is steeds die hoofsimbole. Die driehoek simboliseer die afhanklikheid van God en onderlinge sterkte. Die driehoek is op 'n sirkel geplaas, wat eenheid of gemeenskap aandui. 

Die sye van die driehoek word gebind met 'n band(wat die seshoekige vorm binne die driehoek is) as teken van die noue verbintenis van broerskap - samehorigheid. Die ovaal is bygevoeg by die oorspronklike embleem en verteenwoordig deursigtigheid, perspektief en dimensie.
Share by: