Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

 Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte  

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg  ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg. 

 

Dit is vir die Afrikanerbond ʼn voorreg om sy personeel en hulpbronne beskikbaar te stel om te help met die fasilitering van gesprekke en ontmoetings van Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg . Die groepering word sedert 2008 deur die Afrikanerbond gefasiliteer deurdat die Afrikanerbond se Jaco Schoeman as sameroeper optree en die Sekretariaat deur Jan Bosman, Hoofsekretaris van die Afrikanerbond hanteer word.

Kontak die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte

Share by: