Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

  Meer oor ons


Die Afrikanerbond is gegrondves in die geloof dat die Bybel die Woord van die Drie-enige God is en dat dit van rigtinggewende betekenis vir die hele lewe is.

Meer oor ons


Die Afrikanerbond is gegrondves in die geloof dat die Bybel die Woord van die Drie-enige God is en dat dit van rigtinggewende betekenis vir die hele lewe is.



  • Die AFRIKANERBOND is ʼn organisasie wat jaloers waak oor gevestigde Afrikanerbelange en die reeds gevestigde en gesonde gemeenskapslewe van die Afrikaner.
  • Die AFRIKANERBOND is terdeë bewus daarvan dat ons eie belange en dié van ons mede-Afrikaners onlosmaaklik verbind is aan dié van elke ander Suid-Afrikaner en elke ander minderheid sowel as taal- en kultuurgemeenskap in Suid-Afrika, en dat die belang van elke ander Suid-Afrikaner daarom ook óns belang is.
  • Die AFRIKANERBOND bemoei hom aktief met die politiek van die Afrikaner.  
  • Die AFRIKANERBOND funksioneer op die breë staatkundige terrein en binne die grondwetlike raamwerk in pogings om die Afrikaner se regmatige plek in die Suid-Afrikaanse samelewing vol te staan. 
  • Die AFRIKANERBOND beywer hom vir die vestiging van vennootskappe binne die Afrikaner se gemeenskapslewe, sowel as die Suid-Afrikaanse samelewing om die bedreigings effektief die hoof te bied.      
  • Die AFRIKANERBOND is voortdurend in gesprek met die regering op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak en ook met die regerende party in sy veelheid van strukture ten einde insette te lewer op terreine waar die belange van Afrikaners direk geraak word. 
  • Die AFRIKANERBOND Is in voortdurende interaksie met opposisiepartye om hierdie belange te bevorder. 

Net soos tydens sy stigting 100 jaar gelede is die Afrikanerbond steeds ʼn belange organisasie vir Afrikaners  wat ʼn netwerk geleentheid daarstel waardeur kundigheid ontsluit kan word en debat gestimuleer word.
Dit stel die Afrikanerbond in staat om aktief met die regering van die dag te skakel ten einde werkbare oplossings vir aktuele probleme en knelpunte te ontwikkel. 

In dié proses is daar vier maniere waarop die Afrikanerbond die Afrikaner en 
Suid-Afrika se belange in sy geheel ten beste kan dien:
  • deur te weier om swak bestuur, magsmisbruik en afwykings van die Grondwet, te aanvaar. 
  • om op alle vlakke aan regeringsprosesse deel te neem. 
  • deur standpunte te formuleer wat leiding gee, menings vorm en besluite en gesindhede beïnvloed.
  • deur strategies en kreatief te dink en deur vennootskappe te doen, sodat die Afrikaner se bydrae konstruktief en positief sal wees.

Die Afrikanerbond – in die Afrikanergemeenskap

Die term Afrikaner is die afgelope paar jaar polities verdag gemaak. 
  • Die Afrikanerbond wil ʼn moderne en aanvaarbare konnotasie vir Afrikanerskap vestig.
  • Die Afrikanerbond moedig Afrikaners aan om weer hulle identiteit te omhels en uit te leef binne die volle spektrum van die reeds gevestigde gemeenskapslewe.   
  • Die Afrikanerbond glo dat Afrikaners konstruktief wil meewerk tot die sukses van Suid-Afrika. 
  • Die Afrikanerbond glo dat die hoofstuk tot die verlede afgesluit is. Afrikaners het genoeg verskoning gevra en apologeties opgetree. 

In die gees van die bogenoemde en in die strewe om die Afrikaner se gemeenskapslewe te beskerm, te handhaaf en uit te bou wil die Afrikanerbond weer verantwoordelike
Afrikaners uitnooi om hul plig en taak na te kom. 

Share by: