Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Werkswyse van die Afrikanerbond 


Die Afrikanerbond verteenwoordig Afrikaners wat werklik verbind is tot Suid-Afrika en positief wil bydra tot die skep van ʼn suksesvolle Suid-Afrika wat geleenthede bied vir alle Suid-Afrikaners. Daarom is die Afrikanerbond gemoeid met die handhawing van fundamentele regte, die vestiging van demokrasie, die bevordering van verantwoordelike burgerskap en patriotisme. In die bereiking van die doelwitte is die Afrikanerbond gemoeid met regstellende aksie, aksies teen misdaad, landelike veiligheid, grondhervorming, naamsveranderinge, moedertaal onderwys en vele meer. 

o Die Afrikanerbond verteenwoordig Afrikaners wat ʼn wesenlike bydrae wil lewer tot ’n suksesvolle en vooruitstrewende Suid-Afrika. 
  • Daarom glo ons in voortdurende interaksie met die owerheid van die dag;
  • Daarom vestig ons gesonde werkshoudinge met die regerende party:
  • Daarom het ons ʼn openhartige verhouding en gereelde ontmoetings met politieke leiers en partye regoor die politieke spektrum.  
  • Die Afrikanerbond is nie party-polities verbonde nie maar moedig sy lede aan om by die politieke party van hul keuse betrokke te wees.

Share by: