Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 28 September 2021
Terug na media

Blade Nzimande se siening oor Afrikaans is lui, neerbuigend en afbrekend


Scroll down for English statement 

Verklaring deur Jan Bosman 
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond 

Nzimande se reaksie op Afrikaans is lui, neerbuigend en afbrekend 

Die Afrikanerbond het met verbasing kennis geneem van die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Mzimande se ongevraagde verklaring vandag oor Afrikaans. Alhoewel Minister Nzimande erken dat Afrikaans een van Suid -Afrika se elf (11) amptelike tale is kan hy volgens die verklaring “nie toelaat dat Afrikaans gebruik word as 'n middel tot uitsluiting en onderdrukking nie, en ook nie as 'n middel om 'n eng en rassistiese Afrikanernasionalistiese agenda na te jaag, soos onder apartheid nie.” 

Minister Nzimande het die demokratiese reg om te reageer op die Demokratiese Alliansie se klagte oor die Menseregtekommissie. Sy minagtende houding oor Afrikaans word egter weer gedemonstreer uit die stelling dat Afrikaans “uit 'n wit regse agenda gered moet word.” Hiermee sleep hy Afrikaans opnuut soos Panyaza Lesufi telkens in ʼn onnodige ideologiese speelbal en maak dit goedkoop verkiesingspropaganda.   

Die Afrikanerbond het in ons standpunt op 23 September 2021 oor die Konstitusionele Hof uitspraak oor Unisa se taalbeleid onder andere gesê dat “Art 29(2) waarop die uitspraak berus, bepaal dat elkeen die reg het om onderrig in een of meer amptelike tale volgens eie keuse in openbare onderwysinstellings, wat volgens die uitspraak ook hoër onderwysinstellings insluit, te ontvang. Om hierdie reg te verseker, kan die staat alle redelike onderwys-alternatiewe oorweeg, ook enkelmedium instellings, solank sulke instellings voldoen aan die vereistes van gelykheid, praktiese uitvoerbaarheid en die aanspreek van diskriminerende wette en praktyke van die verlede.”  Lees die volle verklaring hier. 

Minister Nzimande verkies om in die verlede vas te haak eerder as om die verantwoordelikheid te neem. Dit blyk verder dat dr Blade Nzimande ook nie tred hou met die realiteite van Suid-Afrika nie. Taaldiversiteit is iets wat nie summier deur ʼn ideologiese bril afgemaak en verdag gemaak kan word nie. Ons word opnuut herinner aan soortgelyke opmerkings deur Nzimande in 2014 oor Akademia en Afrikaanse universiteite en toe is met verwysing na NWU, terme soos volkstaat en apartheid enklaves ook kwistig ingespan deur die minister. Dit dui weer eens op ʼn onderliggende en dieperliggende afkeur van enigiets wat Afrikaans is. 

Die ideologiese Nzimande verkies om op ʼn lui manier Afrikaans in te perk deur Engelse kolonialisering as om skeppend en kreatief oplossings vir Afrikaans en ander inheemse tale te vind. Die oplossings verg toewyding, aanpassing en begrip vir taal- en kulkuurdiversiteit. Dit blyk egter asof die woorde nie in die minister se woordeskat is nie, en dat hy eerder die land se ryke diversiteit sal laat verengels en sodoende ook uit te sluit, as om iets konstruktief by te dra tot die beskerming en bevordering van inheemse tale, Afrikaans ingesluit

In sy huidige posisie sal dit dr Nzimande eerder baat om met die breë Afrikaanse gemeenskap in gesprek te tree om te probeer verstaan wat die gemeenskap se behoeftes is. Dit help nie om uit ministeriële hoogtes neerbuigend en afbrekend teenoor ʼn taalgemeenskap op te tree nie en veral nie om sy ewige afkeer aan Afrikaanse so te demonstreer nie.

28 September 2021

_________________________________
Media statement by Jan Bosman  
Chief Secretary of the Afrikanerbond 

Nzimande's reaction to Afrikaans: 
 Lazy, condescending and destructive 

The Afrikanerbond noted with concern the unsolicited statement today by the Minister of Higher Education, Dr Blade Nzimande, about Afrikaans. 

Although Minister Nzimande acknowledges that Afrikaans is one of South Africa's eleven (11) official languages, he cannot, according to the statement, "allow Afrikaans to be used as a means of exclusion and oppression, nor as a means of pursuing a narrow and racist Afrikaner nationalist agenda as under apartheid." 

Minister Nzimande has the democratic right to respond to the Democratic Alliance's complaint to the Human Rights Commission. His disdainful attitude to Afrikaans, however, is again demonstrated in the statement that Afrikaans "must be saved from a white right-wing agenda”. Hereby he is once again, like Panyaza Lesufi, unnecessarily turning Afrikaans into an ideological toy and a cheap electioneering tool.  

In our statement on 23 September on the Constitutional Court judgement against the Unisa language policy, we referred to Section 29(2), of the Constitution. This determines that everyone has the right to receive education in the official language of their choice in public educational institutions, which, according to the ruling, also includes higher education institutions. To ensure this right, the state can consider all reasonable educational alternatives, including single-medium institutions, as long as such institutions meet the requirements of equality and reasonable practicability and address past discriminatory laws and practices.  (Read the full statement.) 

Minister Nzimande chooses to get stuck in the past rather than take responsibility. It also seems that Dr Nzimande is not keeping up with the realities of South Africa. Language diversity is not something that can be viewed through an ideological lens and summarily dismissed. We are reminded anew of similar remarks by Nzimande in 2014 about Academia and Afrikaans universities and then, with reference to NWU, terms such as “Volkstaat” and apartheid enclaves were also widely used by the minister. Again, this indicates an underlying, deeply entrenched dislike of anything that is Afrikaans. 

The ideological Nzimande prefers to restrict Afrikaans in a lazy way through English colonisation rather than find creative solutions for Afrikaans and other indigenous languages. These solutions require commitment, adaptation and understanding of language and language diversity. However, it seems that these words are not in the minister's vocabulary, and that he would rather have the country's rich diversity anglicised and thereby excluded rather than contribute something constructive to the protection and promotion of indigenous languages, including Afrikaans.

In his current position, it would benefit Dr Nzimande instead to engage with the broad Afrikaans community to try to understand the community's needs. It does not help to act condescendingly and destructively towards a language community from ministerial heights and especially not to demonstrate his eternal aversion to Afrikaans in this way. 

28 September 2021
Share by: