Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

 Anargie en die grondwetlike demokrasie - 'n Webinaar deur die 
Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte  

Onder volg:

-     die oorsigtelike verslag van die webinaar,

-     Die skakel na PowerPoint of skriftelike insette

-     Die Youtube skakels na die individuele insette


OORSIGTELIKE VERSLAG VAN DIE WEBINAAR - ANARGIE IN DIE GRONDWETLIKE DEMOKRASIE EN DIE BEDREIGING VAN EIENDOMSREG


Op Donderdag 29 Julie het die  Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ‘n webinaar met die tema Anargie in die grondwetlike demokrasie en die bedreiging van eiendomsreg aangebied. Nagenoeg 425 mense het geregistreer vir die webinaar beraad. Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg  ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg. 

 

Die Ad Hoc Groep het die behoefte geïdentifiseer vir die beraad in die tyd wat Suid-Afrika begin herstel van die onlangse grootskaalse onrus en plundering. Beskadiging van infrastruktuur, voertuie, eiendomme, informele ekonomiese aktiwiteite en plundery van winkels op ongekende skaal het die fokus direk op eiendomsreg en die beskerming van eiendom geplaas. Dit is in die lig wat die webinaar met kwaliteit sprekers vanuit die burgerlike samelewing en politieke partye die vraag gevra het . Wat hou dit vir Suid-Afrika, die grondwetlike demokrasie en vir eiendomsreg in? 

 

Tydens die webinaar beraad is die program ingedeel in verskillende komponente en is die konteks eers gestel deur beide Jaco Schoeman en Bennie van Zyl (TLU) wat as sameroepers vir die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg optree. Vanuit die politiek grondwetlike perspektief is inleidende politiek strategiese perspektiewe gestel en die vraag is gevra of  die grondwetlike demokrasie onder druk is. Prof Andre Duvenhage van NWU en Dave Steward van die FW De Klerk Stigting het die gesprekke ingelei. Daarna het die ekonomiese koste en die implikasies gevolg met Prof Jannie Rossouw wat stewige insette gelewer het . Genl Chris van Zyl het ʼn omvattende veiligheidsperspektief gegee. Dit is gevolg deur Parlementêre perspektiewe deur dr Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus en Thomas Walters van die Demokratiese Alliansie.

 

Die tweede deel van die webinaar het gehandel oor bestaande wetgewing wat deurlopend in die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg se visier is naamlik die stand van sake met die vuurwapenbeheer wetsontwerp (Paul Oxley van Gunowners South Africa) en daarna is die Art 25 grondwetwysiging oor eiendomsreg hanteer met Dr Corne Mulder van die VryheidsFront Plus en dr Annelie Lotriet van die Demokratiese Alliansie.  

 

Die webinaar se individuele insette is onder beskikbaar en ons lig graag die volgende uit.

 

Jaco Schoeman as sameroeper het die konteks vir die webinaar beraad gestel en gesê “Wanneer daar ‘n realistiese ontleding gemaak word oor hoe Suid-Afrika gaan lyk wanneer die ANC met hom klaar is indien daar voortgestu word met die huidige beleidsomgewing sal elke persoon wat dit erns het oor die toekoms van die land en sy mense, baie bekommerd wees. Die oneerlike hantering, die verdraaiing en manipulasie van grondwetlike beginsels wat die pilare van ʼn suksesvolle SA gewaarborg het stuur nou af op ekonomiese ramp en burgerlike spanning. Suid Afrikaners word tans gedompel in chaos en spanning wat ongekende rampspoed lewensverlies en lyding teweeg mag bring.”

 

Bennie van Zyl van TLU het gewaarsku dat die probleem is “dat ons deurentyd besig is om die simptome van die ANC beleid aan te spreek, maar bly die oorsaak steeds daar en genereer deurentyd net nuwe simptome of dan probleme. Die beleidsomgewing van die ANC skep deurlopend groter werkloosheid en gepaardgaande armoede. Dit is van belang dat daar gefokus moet word op positiewe uitkomste vir Suid-Afrika en sy inwoners. Of die ANC enigsins nog ‘n rol kan speel daarin om wel positiewe uitkomste te kan bewerkstellig is ‘n ope vraag.” Beide die sameroepers se invalshoeke was hoe lank kan Suid-Afrika nog die ANC bekostig?  

 

Prof Andre Duvenhage het gesê Suid-Afrika is by ʼn kantelpunt. Verwysende na staatsveiligheid is die standpunt gehuldig dat dit heeltemal misluk en dit het die regering in ’n krisis laat beland. President Ramaphosa sal drasties moet optree in die ANC en die kabinet. Sy geloofwaardigheid is nou op die spel. Suid Afrika beleef nou die grootste politieke, ekonomiese en maatskaplike kwessies sedert 1994. Die gevolge van die regering se bestaanskrisis is radikale en nie-haalbare wetgewing. Die Ad Hoc Groep hanteer juis die Vuurwapen wetgewing en hoe ironies is dit nie dat private wapeneienaars die polisie in KwaZulu-Natal van hulp moes wees nie. Dieselfde met die Art 25 grondwetwysiging wat eiendomreg onder ernstige druk sal plaas.

 

Dave Steward van die FW De Klerk Stigting het gesê die onlangse anargie en die regering se gebrekkige optrede is aanduidend van die afdraande pad na ‘n falende staat. Die onlangse onruste ius ook tekenend van ʼn regering wat toenemend misluk met die lewering van dienste soos gesondeheid, onderwys en munisipale dienste. 

 

Prof Jannie Rossouw het die somber prentjie geskets van ‘n ekonomie onder druk weens Covid-19 en die beramings van R25-R35 miljard skade weens onluste  Die staat se versekerings maatskappy wat onluste dek (SASRIA) sal R20 miljard kan uitbetaal. Dit gaan egter al die reserwes uitwis. Daar is nie geld vir enige verdere onluste of plundering nie..

 

Genl Chris van Zyl het ʼn volledige uiteensetting gedoen van die tekortkominge en gesê dat wat veiligdienste aanbetref “was die grootste probleem die kritiese gebrek aan tydige en akkurate inligting. Die oor-en-weer vingerwysery tussen die Polisie en die Nasionale Veiligheidsagentskap het hewige debat tot gevolg gehad. ‘n Oënskynlike gebrek aan ‘n geïntegreerde stelsel wat tydige waarskuwing van goedbeplande onwettige optredes kon verseker, skree ten hemele.”  Genl van Zyl het daarna ‘n hele aantal aanbevelings uitgelig wat insluit die inskakeling by veiligheidstrukture in gemeenskappe, goeie organisasie, inligtingsbewustheid, knelpunt identifisering, kommunikasie en eie beveiliging.

 

Die politieke partye en leiers het almal terugvoer gegee en is dit duidelik uit die terugvoere en insette dat die parlementêre prosesse doeltreffend deur die opposisie ingespan word en benut word om maksimaal verantwoording te probeer bewerkstellig. Dit is egter duidelik dat daar ook frustrasie met die regerende party is.

 

Van die interessante voorstelle wat onder gemaak is tydens die aanbiedings en wat die Ad Hoc Groep of organisasies betrokke in die toekoms sal oorweeg of sal aanbeveel sluit in:

  • ʼn Nasionale Burgerlike Konvensie
  • Ontmoetings met die regering en President Ramaphosa
  • Hervatting of herlewing van die 1991 – 1994 Nasionale Vredesverdrag
  • ʼn Regering van Nasionale Heling of ook ʼn hervatting van ʼn regering van nasionale eenheid   

-     

Van die samevattende waarnemings vanuit die beraad sluit onder andere in:

  • ʼn Byeenkoms van wyd uitlopende politieke denke maar binne ʼn mate van konsensus wat besig is om te ontwikkel oor die kern uitdagings en problematiek van Suid-Afrika en die burgerlike gemeenskap.
  • Suid-Afrika word al meer ʼn ras gepolariseerde samelewing wat deur politieke opportuniste aangevuur word.
  • Terwyl die staat orde, stabiliteit, veiligheid en sekuriteit moet handhaaf, gebeur dit nie en verloor die burgers toenemend vertroue
  • Gevolglik het sterk parallelle strukture aan die staat reeds ontwikkel, veral in die veiligheidsomgewing.
  • Ons betree weer ‘n tyd van groter makro gesprekke en makro onderhandeling waarin opposisie partye en opposisieleiers ‘n belangrike rol moet speel.
  • Ekonomiese groei is noodsaaklik vir Suid-Afrika maar dit kan nie gebeur binne die beperkende regulatiewe omgewing wat die regering stel nie. Investeringsvertroue ly tans ernstig skade. 

 

ʼn Deurlopende sentrale tema was dat daar nie meer net gepraat kan word nie, daar moet beweeg word, ons het aksie dringend nodig.

 

  • ʼn Politieke koalisie in terme van bepaalde waardes, normes, lewens- en wêreldbeskouings moet mense kan mobiliseer vir bepaalde sake.
  • Regoor die land, het mense oor grense heen brûe na mekaar gebou, in terme van gedeelde waardes.
  • Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte met die fokus op onteiening en vuurwapens is een groepering wat reeds mense bymekaar bring
  • Raak betrokke by veiligheidstrukture en neem verantwoordelikheid vir eie beveiliging
  • Die antwoord lê nie konflik nie maar in dialoog en onderhandeling. 

 

Ten slotte het Prof Andre Duvenhage gesê “die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte speel ʼn belangrike rol in die Suid-Afrikaanse konteks, om diverse belange nader aan mekaar te bring en om mense eerstehands op hoogte van sake te hou. Daarom word individue en organisasies en belanggroepe genooi om betrokke te raak.

 

Laastens het Jan Bosman wat die sekretariaat hanteer gesê dat dit vir die Afrikanerbond ʼn voorreg is vir die organisasie om sy personeel en hulpbronne beskikbaar te stel om te help met die fasilitering van hierdie belangrike gesprekke. Die groepering word sedert 2008 deur die Afrikanerbond gefasiliteer deurdat die Afrikanerbond se Jaco Schoeman as sameroeper optree en die Sekretariaat deur Jan Bosman, Hoofsekretaris van die Afrikanerbond hanteer word.


Daar word vir die afsienbare toekoms nog webinare beplan en is dit uit die terugvoer wat reeds ontvang is duidelik dat daar ʼn behoefte is aan sulke gesprekke waarin inligting uitgeruil word, standpunte gestel kan word en daar respek is vir onderlinge verskille. 


LET WEL: POWERPOINT EN SKRIFTELIKE AANBIEDINGS IS BY DIE VOLGENDE SKAKELS BESKIKBAAR:

Bennie van Zyl – TLU SA

Prof. Andre Duvenhage (NWU)

Dave Steward – FW De Klerk Stigting

Prof. Jannie Rossouw (Wits Besigheidskool) 

Genl Chris van Zyl – TLU SA

Thomas Walters, LP – Demokratiese Alliansie


 WEBINAAR – INSETTE - TEMAS, AANBIEDER EN YOUTUBE SKAKEL


   Skakel na Volledige speellys

 https://youtube.com/playlist?list=PLsbIlV25nLn187wHSXFVbXm5urU_fdaDa


  1.     Jaco Schoeman - Sameroeper Ad Hoc Groep - Verwelkoming en doel van gesprek.   

 https://youtu.be/lVOr2vZm3CY

   

     2. Bennie van Zyl (TLU) Sameroeper Inleidende gedagtes

 https://youtu.be/80No_zMaKOA

     

   3.     Prof Andre Duvenhage (NWU)   Inleidende politiek strategiese perspektiewe

 https://youtu.be/wSK40R2RH_4

   

   4.     Dave Steward  (FW De Klerk Stigting) 

Is die grondwetlike demokrasie onder druk?

 https://youtu.be/62z97WXaSkk

     

   5.    Prof. Jannie Rossouw (Wits Besigheidskool) Die ekonomiese koste en implikasies

  https://youtu.be/VAXDDYT4BhY

   

  6.   Genl. Chris van Zyl (TLU) - ʼn Veiligheidsperspektief 

   https://youtu.be/aLUglzKGHCM

   

   7.    Dr Pieter Groenewald, LP (Vryheidsfront Plus)     ʼn Parlementêre perspektief 

 https://youtu.be/VKuxW9Ao9Ec

   

     8.  Thomas Walters, LP  (Demokratiese Alliansie)  ‘ʼn Parlementêre perspektief 

  https://youtu.be/UxEtMq4GLck

   

   9.     Paul Oxley – GOSA  Stand van Sake met vuurwapen onteiening

 https://youtu.be/JzTOeUs2QGE

   

10.      Dr Corné Mulder, LP  (Vryheidsfront Plus)  Stand van sake met Art 25 grondwetwysiging

 https://youtu.be/Xvwr0wcXspw

     

 11.     Dr Annelie Lotriet, LP  (Demokratiese Alliansie) Stand van sake met Art 25 grondwetwysiging

  https://youtu.be/x3NjcVj581A

     

   12.     Prof Andre Duvenhage  (NWU)  Samevatting en pad vorentoe  

  https://youtu.be/2z5qiN4ZvtU 

Kontak die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte

Share by: