Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          Mei 2023

Energieberaad - 1 April 2023, Wes-Kaap Verslag

Verslag deur Andries Domburg en Nico Stofberg

(Wes-Kaap lede van die Nasionale Raad) 


 Op Saterdag 1 April 2023 het die AB in die Wes-Kaap ’n suksesvolle energieberaad beraad in Paarl. Die beraad is gehou midde in die energiekrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar. Die doel van die beraad was om vast te stel wat die Afrikanerbond kan doen as bydrae om ’n alternatiewe betroubare energiebron in die Weskaap te vestig. 

 

Die beraad word deur Dr Kelvin Kemm, kernfisikus en voorsitter van Stratek Global, ingelei, waarna sy kollega, Francois Mellet, bedryfsdirekteur van Stratek Global die onderwerp verder toegelig het.

 

Dr Kemm het die  aandag gevestig op die volhoubare en betroubare energie wat aan die behoeftes van ’n ontwikkelende land moet voldoen.  Verskillende vorms van energie  en  die primêre energiebronne, is uitgelig nl. Steenkool, gas en olie - fossiel brandstowwe, Son, Wind, Biomassa, Hidro, Geotermies en Uranium.  

 

Suid-Afrikaners is volgens dr Kemm tans wêreldleiers in die opwekking van kernkrag en het die vermoë om toenemend ’n leidende rol in hierdie veld te speel. Die selfvertroue om dit ten toon te stel moet egter ontwikkel word. Amerikaners, Franse en Chinese en ander lande wil graag Suid Afrika se kundigheid bekom.  

 

Daar bestaan tans ’n wêreldwye behoefte aan ’n konstante toevoer van betroubare (voorspelbare) en bekostigbare energie. Dit is ook ’n Suid-Afrikaanse en Wes-Kaap behoefte.

 

’n Paar belangrike waarnemings ten opsigte van sommige energiebronne word uitgelig waarvan daar deeglik kennis geneem moet word.

  • Daar bestaan gevare by die sonpanele – oombliklike ontbranding/ ontploffing by oorverhitting.
  • Daar bestaan gevare by battery/elektriese voertuie – oombliklike ontbranding/ontploffing by oorverhitting.
  • Die omvang en onsekerheid rondom die opwekking van elektrisiteit uit fossiel brandstof skep probleme. (arbeid, infrastruktuur, politiek, beskikbaarheid van die regte gehalte steenkool, ens.)

 

Die oorgang na 'n meer inklusiewe, volhoubare, bekostigbare en veilige globale energiestelsel is noodsaaklik. Dit moet gedoen word terwyl energiesekuriteit en toegang, groen omgewingsvolhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling gebalanseer word. Die wêrelddoelwit van die energie-oorgang na 'n netto-nul-koolstofvrystelling-toekoms sal vir jare voortduur.

 

Daar is globale uitdagings waarvan kennis geneem moet word:

  • Nywerhede en huishoudings benodig volhoubare elektriese toevoer in 'n toenemend onstabiele energieklimaat.
  • Prys, beskikbaarheid en die impak op die omgewing van fossielbrandstowwe het 'n behoefte geskep vir skoon en betroubare modulêre energieopwekking.
  • Bevolkingsgroei het 'n kollig geplaas op verouderende energie-infrastruktuur en die behoefte om skoon energie te lewer.
  • Ekonomiese- en tegnologiese groei is afhanklik van betroubare energieopwekking.
  • Daar is Sentrums van Uitnemendheid in ingenieurswese, konstruksie en projekbestuur word benodig tydens die energie-oorgang.
  • Werksgeleenthede en vaardigheidsgroei is 'n noodsaaklikheid vir stabiliteit en voorspoed.
  • Beurtkrag tydens koue tye lei tot potensiële sosiale onrus en lyding.
  • Toenemende drinkwaterbehoeftes benodig ideale hervormings en volhoubare oplossings.
  • Korter tydlyne vir die vervaardiging en konstruksie van energieopwekking word vereis.
  • Laer vereiste vir toegang tot verkoelingswater van HTMR-100 maak hierdie alternatief ideaal en geskik vir afgeleë gebiede en vir spesifieke toepassings soos mynbou, proseshitte of ontsouting

 

Daar is bepaalde voordele in kernkrag en die ontwikkelinge in tegnologie tot dusver:

  • 24/7 Basis lading elektriese toevoer is beskikbaar.
  • Kernbrandstofsekuriteit en konstante prysbepaling.
  • Lae verkoelingswaterbehoeftes – kan vir binnelandse gebruik aangewend en gebruik word.
  • Basiese reaktor- en brandstofontwerp is ontwikkel.
  • ‘n Korter tydsraamwerk tot elektriese produksie – eerste eenheid aanlyn in vyf jaar.
  • ‘n Span bekwame Ingenieurs met SMR en kernbrandstof ondervinding is beskikbaar.
  • ‘n Nuttige lewensduur van 40 jaar word gewaarborg - wat verleng kan word.
  • Intrinsieke veiligheid van modulêre ontwerp is geskep.
  • Die ontwerp verseker ‘n gemak in die verwydering van kernafval - wat op die terrein gestoor word. Geen eksterne afvalterreine word benodig nie.
  • Die modulêre ontwerp beteken dat addisionele generasie kan verhoog word soos nodig.

 

Die tyd is ryp om die kwessie verder te ontwikkel:

  • Die wêreldwye energiekrisis en verouderende infrastruktuur skep die volgende scenarios:
  • Omgewingsdruk en koolstofvrystellingvermindering word gevra.
  • Gewenste energiesekuriteit en veelsydigheid word benodig.
  • Die huidige hernubare energiebronne kan nie 'n konstante basislading verskaf wanneer nodig nie.
  • Die gesamentlike pogings deur ander lande en vervaardigers om bedryfs-SMR-tegnologie teen 2030 te vervaardig word gevra.
  • Suid-Afrika kan sy SMR Kernkrag-leierskapsposisie verloor as ons nie betyds reageer nie.
  • Die wêreldwye tekort aan geskoolde kernkragpraktisyns moet aangevul word. Ernstige personeelverliese kan ontstaan as daar nie spoedige werksekerheid gevestig word nie.

 

Kernkrag Gereedheid:

Vir 'n land om die pad van Kernkrag Gereedheid aan te pak, moet hy:

  • Deel word van die 'World Nuclear Club'
  • Hy moet sekere bepalings van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) in die betrokke land aanspreek of geskep word.
  • Opleiding van kernkragoperateurs moet plaasvind.
  • Toepaslike kernkrag wetgewing moet in plek gestel word.
  • Voorval- en ongelukprotokolle moet in plek wees.

 

'n Aantal lande in Afrika, en elders in die wêreld, het 'n dekade of meer gelede hierdie pad begin stap, so regoor die wêreld is die toestand van kerngereedheid oor die algemeen reeds beduidend.

   

Daar is openhartig gesprek gevoer tussen al die deelnemers en is dit duidelik dat ’n balans tussen die tradisionele fossiel brandstowwe en die nuwer skoon energie bronne gevind moet word. Groot meningsverskille bestaan oor welke energiebron die mees gewenste aanwending het. Een ding is seker Kernkrag gaan ‘n beduidende rol in die energiemengsel en -aanbod van Suid-Afrika speel.

 

Ter afsluiting van hierdie Energieberaad is die AB Wes-Kaap Provinsieraad ‘n mandaat te gee om die moontlikheid te ondersoek om ’n betroubare alternatiewe energiebron vir die Weskaap te vestig. Hierdie werk moet in samewerking met alle saakmakende alliansievennote aangepak word.

 

Ons dank aan almal wat meegehelp het tot ’n uiters sinvolle eerste Energieberaad.

 

Lees die volledige verslag en aanbiedinge aanlyn.

https://online.fliphtml5.com/hwiua/nofp/

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: