Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          Maart 2023

Eskom - Die mylpale en laagtepunte oor 100 jaar

 

Midde in ongekende beurtkrag en die onthullings in die André De Ruyter onderhoud, het Eskom op 1 Maart 2023 stil-stil sy eeufees gevier. Tydens ‘n byeenkoms van Olievenhoutpoort Afdeling in Randburg op 25 Februarie 2023 is die volgende sake rondom Eskom uitgelig.

 

Wat is die mylpale?

  • Eskom is gestig op 1 Maart 1923. Die oorspronklike naam was Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, maar die naam is in 1987 na Eskom verander.
  • Enkele dekades gelede was Eskom se EBF (Energie Beskikbaarheidsfaktor) tussen 80% en 90% en was van die beste ter wêreld.
  • Eskom was eens een van die wêreld se voorste elektrisiteitsmaatskappye. Dit was so suksesvol dat dit teen die einde van 1990 meer as die helfte van die elektrisiteit in Afrika gelewer het.
  • Eskom was ook 'n hoogs doeltreffende elektrisiteitsprodusent, en in sy 1994-jaarverslag het hy die feit gestel dat hy die wêreld se laagste-koste-produsent van elektrisiteit is.
  • Eskom is  in 6 Desember 2001 aangewys as die wêreldwye kragmaatskappy van die jaar by die Financial Times Global Energy-toekenningseremonie wat in New York gehou is, vir die tegniese uitnemendheid in aanlegproduksie, instandhouding en bedryf, terwyl hulle terselfdertyd 'n vermoë gedemonstreer het om die wêreld se laagste-koste elektrisiteit te voorsien aan sy kliënte.
  • Eskom is ook erken vir sy ekonomiese, doeltreffende en veilige metode vir die verbranding van swak gehalte steenkool wat ontwikkel is.
  • So onlangs as 2017 was Eskom se Energie Beskikbaarheidsfaktor (EBF) 78,7%. Die EBF (Energie Beskikbaarheidsfaktor) gemiddelde EBF vir 2022 was 58,1% en is tans sowat 53%.
  • Prof Christo Viljoen skryf in 2015 – “Aan die einde van die apartheidsera in 1994 was Eskom se opwekvermoë 37,600 MW. Indien daardie opwekvermoë behou is en vandag beskikbaar was, sou ons nie die huidige kragonderbrekings gehad het nie.”
  • Daar was nie toe ʼn minister van elektrisiteit nie en dit was nie nodig om een aan te stel nie.

 

Die ANC se nalatenskap

  • Reeds in 1998 het die Witskrif op Energie 'n elektrisiteitstekort teen 2007 voorspel. Eskom se eie ingenieurs het bereken dat die netwerk teen 1,2 GW per jaar (die ekwivalent van een nuwe Koeberg-kernkragsentrale elke 18 maande, of een nuwe Kriel-grootte steenkoolkragsentrale elke 3 jaar) uitgebrei sal moet word.
  • Die Nasionale Ontwikkelingsplan beraam in 2012 dat Suid-Afrika sowat 29 000 Megawatt (MW) in nuwe krag ontwikkeling tussen 2012 en 2030 moet voorsien om aan die aanvraag te voldoen.
  • Eskom kon in die week van 20 Februarie 2023 tydens spitstyd slegs 23 289 MW opwek, terwyl die vraag na krag 30 480 MW sou gewees het. Fase 6 beurtkrag word toegepas. Onthou, toe die ANC in 1994 oorgeneem het, was daar 37 600 MW beskikbaar.
  • Die ANC se vlagskip projekte Medupi en Kusile is in 2007 begin en moes reeds in 2014 operasioneel gewees het. Dit is agt jaar laat en sowat R300 miljard oor begroting. 
  • Korrupsie en bedrog deur die Gupta’s en staatskaping beloop sowat R57 miljard. (Deur die Zondo verslag uitgewys)

 

Beurtkrag -Koste vir die land

  • Die Reserwebank se eie berekeninge is dat beurtkrag die land sowat R899 miljoen per dag kos
  • Die JSE-genoteerde pluimveegroep Astral Foods is in City Press aangehaal dat die groep 'n bykomende R338 miljoen moes bestee – R138 miljoen vir ekstra koste en R200 miljoen vir alternatiewe energiebronne en waterberging (Vir die jaar geëindig 30 September 2022.)
  • Shoprite Holdings, eienaar van Checkers, het gesê die groep moet 'n bykomende R100 miljoen per maand aan diesel bestee om sy ligte aan te hou tydens fase 5 en 6 rotasiekragonderbrekings.
  • Die Foschini Group (TFG) se HUB, Anthony Thurnström, het gesê dat die groep sowat R400 miljoen se inkomste verloor het gedurende twee weke van fase 5 en 6 kragonderbrekings in September 2022.
  • In Mei 2022 het Vodacom bekend gemaak dat hy meer as R1 miljard per jaar bestee om beurtkrag te beveg.
  • Kragonderbrekings kos klein en mediumgrootte maatskappye gemiddeld:

o   R8 000 per maand aan inkomsteverlies,

o   R5 000 per maand vir alternatiewe kragbronne en

o   R1 250 maandeliks om skade wat deur beurtkrag en kragstuwings veroorsaak word, te herstel.

 

Wat hou die toekoms in?

Eskom se projeksies wys die land moet teen 2035 minstens 53 000 MW hoofsaaklik hernubare energie-projekte bou

  • In 2035 moet 22 000 MW se steenkoolkapasiteit onttrek word.
  • Die projeksie van 53 000 MW sal hoofsaaklik uit son- en windkragprojekte moet bestaan.
  • Dit alles verg 'n bykomende 10 000 MW se bergingskapasiteit, en meer as 14 000 kilometer se bykomende transmissie- en verspreidingsinfrastruktuur.
  • Die rekening hiervoor sal minstens R1,2 triljoen beloop.
  • Beurkrag gaan nie in 12-18 maande opgelos word nie.
  • Die ANC het in 1994 ʼn stelsel oorgeneem wat voldoen het aan die behoefte. Daar is egter nie beplan nie en instandhouding het nie plaasgevind nie.

 

“Dit is skrikwekkend om 'n regering te hê wat jy nie kan vertrou nie, want ons weet nie of die krisisse wat ons tans ervaar werklik is, en of dit georkestreer is om geleenthede vir meer plundering te skep nie.” Karyn Maughan – News24

 

Ons gevolgtrekking: - Die korrupsie van politiek en die politiek van korrupsie het vervleg geraak in die grootskaalse kaping van Eskom

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: