Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Afrikaans - MS Outlook kalender (2024) 

Afrikaans - MS Outlook kalender 2024
 (Openbare vakansiedae, spesiale dae, 
dae van herdenking en die skoolkalender)

Laai 2024 Kalender

Skoolkalender is gebaseer op die gepubliseerde Staatskoerant Nr. 47192 (4 Augustus 2022) 

Indien jy van die elektroniese kalender op Microsoft Outlook op jou rekenaar gebruik maak, mag jy dalk die kalender skedule nuttig vind. Dit is opgestel vir algemene gebruik en is nie ʼn aanwending wat e-pos adresse of ander inligting kollekteer nie, of selfs adverteer nie. Christelike dae, openbare vakansiedae, dae van herdenking en skoolkwartale en vakansies word hiermee beskikbaar gestel in Afrikaans vir gebruik in MS Outlook. 
 
Indien jy belangstel en indien jy oor MS Outlook beskik sal die aangehegte fasiliteit, onmiddellik na installering, ‘n keuse van datums op jou MS Outlook se Kalender aantoon. (Lees onder vir installering)  
 
Om te installeer 
1) Laai die Zip lêer af (Druk op die skakel bo - of  Laai 2024 Kalender    
2) Dubbelkliek op die elektroniese lêer: “2024 Openbare vakansiedae en skoolvakansies”  
3) ‘n Nuwe skerm sal oopmaak wat ‘n keuse sal aandui, (Verklein van ander programme wat reeds oop is om 2024 Openbare vakansiedae en skoolvakansies Outlook skerm te kry) 
Suid-Afrika - Openbare vakansiedae  
Suid-Afrika - Christelike dae
Suid-Afrika - Dae van herdenking
Suid-Afrika – Skole vakansiedae
Suid-Afrika – Spesiale dae
Suid-Afrika - Skoolvakansies 2024 (Alle Skole.)  Dit sluit alle provinsies in.  
4) Oefen die keuse/s uit van spesiale dae en vakansies wat tot jou MS Outlook Kalender toegevoeg moet word. 
5) Druk op die OK knoppie 
6) Die 2024 datums is nou almal oorgedra na jou Microsoft Outlook kalender.
7)  Indien die kalender reeds geïnstalleer is (ouer weergawe) bevestig net dat installering weer moet gebeur
Share by: