Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 1 Junie 2021
Terug na media

Grondwetwysigings oor eiendomsreg 



Verklaring deur Jan Bosman 
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond 

 Grondwetwysings oor eiendomsreg 
- Proses trek skeef weg met ondeurdagte laataand aankondiging deur President op 31 Julie 2018 
- Politici wat parlementere regsadvies ignoreer moet persoonlik aanspreeklik gehou word.

Dit val nie vreemd op dat die sperdatum vir die parlementêre ad hoc-komitee wat wysigings moet finaliseer vir die 18de Grondwet wysigingswetsontwerp rondom artikel 25 en die bewoording rondom onteiening nie gehaal kon word nie. 

Ten spyte van vele insette wat gelewer is, waaronder Die Afrikanerbond wat uitgebreide kommentaar, gelewer het en ten spyte van verskeie opposisiepartye se waarskuwings en ook die Parlementêre regsafdeling se eie bekommernis en advies in die verband, gaan die ANC en EFF voort om ‘n bespotting te maak van die grondwet en eiendomsreg.  
  
Die hele proses het skeef weggespring op 31 Julie 2018 met ʼn ondeurdagte laataand aankondiging deur mnr Cyril Ramaphosa, dat die ANC grondwetwysigings gaan deurvoer om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Toe reeds was dit duidelik met die laataand aankondiging dat die ANC ʼn onomkeerbare proses van politieke herskikking begin het om die EFF aan boord te bring. Intussen het die Radikale Ekonomiese Transformasie Faksie van die ANC ook tot die stryd toegetree en word die interne faksiegevegte nou verhef en word die gevegsarena uitgebrei in die openbare domein met oneindige nadelige reperkussies. Die boodskap aan elke Suid-Afrikaner is eenvoudig dat geen waarborg of regte in die grondwet meer veilig is nie, want politieke belang weeg swaarder as konstitusionele belang. Eiendomsreg is die eerste grondwetlike reg om te sneuwel. 

Die ANC het sy eie krisis geskep rondom eiendomsreg en die enigste ontsnaproete is om ʼn moontlike konstitusionele krisis te skep deur ondeurdagte wysigings aan die Grondwet aan te bring. Elke politikus hetsy ANC of die EFF wat die talle waarskuwings en die parlementere regsadvies ignoreer of doodeenvoudig daaroor stoomroller, moet ook die gevolge van hulle aksies begin besef. Die openbare beskermer het as gevolg van ondeurdagte besluite talle kostebevele teen haar. As dit die enigste manier is om openbare aanspreeklikheid te verkry dan moet diegene wat persoonlik by die proses betrokke is sowel as hulle onderskeie partye, dan nie net verantwoordbaar gehou word nie, maar ook persoonlik aanspreeklik gehou word deur kostebevele. 

Deel met ander belangstellendes

Share by: