Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 12 November  2021
Terug na e-Afrikaner

Die Afrikanerbond - Hulde aan FW De Klerk 


DIE AFRIKANERBOND EER - FREDERIK WILLEM DE KLERK 
(Verklaring uitgereik op 11 November 2021) 

Die Afrikanerbond het met hartseer verneem van die afsterwe van FW De Klerk, ʼn gewaardeerde lid, ʼn staatsman, ʼn man van Afrika, ʼn Suid-Afrikaner maar bowenal, ʼn merkwaardige Afrikaner. 

In sy epogmakende 2 Februarie 1990 toespraak wat Suid-Afrika onherroeplik op ʼn ander roete geplaas het, het mnr FW De Klerk gesê. "Die agenda is oop en die oorkoepelende doelwitte wat ons moet nastreef moet aanvaarbaar wees vir alle Suid-Afrikaners. Onder andere moet hierdie doelwitte insluit 'n nuwe, demokratiese grondwet; universele stemreg; geen oorheersing; gelykheid voor 'n onafhanklike regbank; die beskerming van minderhede, asook van individuele regte; vryheid van godsdiens; 'n gesonde ekonomie gebaseer op bewese ekonomiese beginsels en private onderneming; dinamiese programme wat gerig is op beter onderwys, gesondheidsdienste, behuising en maatskaplike toestande vir almal." 

Met hierdie geloofsdaad het FW de Klerk een van die hoofargitekte van Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie geword. Tydens sy presidentskap van net minder as 5 jaar (1989 -1994) het hy ’n deurslaggewende rol gespeel in die ontknoping van die Suid-Afrikaanse rassekonflik en die land weggestuur van die afgrond van vernietiging. 

FW de Klerk het met sy opregtheid, beginselvastheid en insig in die problematiek van die tyd die regte besluite geneem. Soos ander staatsmanne kon FW De Klerk ʼn rustige aftrede geniet het. Hy het onverpoos deur die nalatenskap van die FW De Klerk Stigting en die Sentrum vir Grondwetlike Regte gewerk aan daardie ideale wat hy vir Suid-Afrika in die vooruitsig gestel het. Hiervoor eer en respekteer die Afrikanerbond hom. 

Op 29 Mei 2015 het die Afrikanerbond tydens ons Bondsraad by die Voortrekkermonument aan FW De Klerk ʼn oorkonde oorhandig vir sy buitengewone bydrae in die daarstelling en bevordering van demokrasie in Suid-Afrika 
Lees sy toespraak tydens die geleentheid   - Skakel 

Op 11 November 2020 – Presies ʼn jaar gelede het ons ʼn AB in dialoog gespreksreeks webinaar met FW De Klerk aangebied oor sy perspektiewe in die huidige politieke konteks.  - Volg die skakel 

Ons opregte simpatie aan sy familie en sy vriende. Dit is die einde van ʼn besondere era. 

11 November 2021

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: