Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 15 Augustus 2023
Terug na e-Afrikaner

AB in Dialoog Webinaar met dr. Theo de Jager (31 Augustus)


Eiendomsreg en Onteiening sonder vergoeding: Die Zimbabwe voorbeeld en lesse vir Suid-Afrika 

Tydens ‘n konferensie van die FW De Klerk Stigting in Bryanston op 14 Julie 2023 het Dr Theo De Jager oor die bedreigings vir eienaarskap en veral privaat eiendomsreg gepraat. “Vanuit 'n boer se perspektief bied eienaarskap en ‘n titelakte vir grond veilig eienaarskap. Dit is veel meer as net 'n kontrak wat wys dat jy eiendom besit - dit is die grondslag van 'n vrye mark, dit is die hoeksteen van kapitaal. Dit is die rede hoekom ons toegang tot produksielenings het, dit dien as sekuriteit. Ons het gekyk na al hierdie lande noord van ons - 50 van hulle op die Afrika-kontinent - wat nie vry en privaatbesit van landbougrond het nie, en wat die oorsaak is waarom ons nie die rykdom van landbou op hierdie vasteland kan ontsluit nie. En ons het al hierdie riglyne op Suid-Afrika van toepassing gemaak en gevra wat moet ons anders hier doen? Hoe moet ons seker maak dat die bedreigings vir eiendomsreg nie ook ’n bedreiging vir voedselsekerheid word nie?” 

Dr Theo de Jager gesels oor dié en vele ander kwessies in die volgende AB in dialoog webinaar. 

 Kom luister en gesels met dr Theo de Jager op Donderdag 29 Augustus 2023 om 17:30. U is welkom om vooraf vrae stuur na kommentaar@abond.co.za 
 
Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik) 
 
Datum:     Donderdag 31 Augustus 2023 
Tyd:            17:30 – 18:45 
Spreker:    Dr Theo de Jager  
Tema:          Eiendomsreg en Onteiening sonder vergoeding: Die Zimbabwe voorbeeld en lesse vir Suid-Afrika 

Registrasie: Registreer asseblief voor 14:00 op 31 Augustus 2023 (Druk op skakel) 

Enige vrae kan vooraf gestuur word aan kommentaar@abond.co.za

Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: