Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 15 April 2020
Terug na e-Afrikaner

Genl Constand Viljoen 
 - Die ewige soldaat - 


Huldeblyk – Genl Constant Viljoen 
 
Ek het die voorreg gehad om direk onder genl. Viljoen te dien as lid van die SA Leër topbestuur, as Lid van die generale staf, as kommandementsbevelvoerder en ek het genl. Viljoen altyd as die toppunt van 'n persoon met integriteit erken. Genl. Viljoen was die beste bevelvoerder onder wie ek nog gedien het en 'n ware offisier en heer. 
 
Ek is bly en dankbaar om so 'n voorreg te kon gehad het om onder so 'n ware Man te kon dien. 
 
Genl Georg Meiring 
(Voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag Okt 1993 – Mei 1994) 
(Voormalige Hoof van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag van 1994 tot 1998) 


__________________________________________________


Ons paaie het verskeie kere in my loopbaan gekruis, maar die uitstaande vir my was toe ek genl. Viljoen as stafoffisier vergesel het om die SA Weermag se voorlegging aan die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) te doen. Soos gesoute soldate het ons ons voorberei om die veertig minute ten volle te benut. Maar terwyl ons instap bepaal die voorsitter dat genl. Viljoen net twintig minute gegun word. Nieteenstaande die feit dat sommige van die kommissielede openlik gesit en slaap het, het genl. Viljoen die aanbieding in twintig aangebied. Wat egter vir my uitstaan is dat genl. Viljoen afgesluit het met die woorde dat hy en sy voorgangers as hoofde van die SA Weermag volle verantwoordelikheid neem vir die opdragte wat hulle uitgereik het. In die voorligtingstuk staan aangeteken: "We, as former Chiefs of the Defence Force, have no intention of dodging responsibility for the actions of our Defence Force. In no way will we load it on the shoulders of our subordinates where they carried out their tasks, with discipline … and dedication."

Dankie generaal Viljoen vir u leiding en voorbeeld.
 
Ons eer u nagedagtenis 
 
Genl. Bertus Steenkamp

Deel met ander belangstellendes

Share by: