Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 24 Mei  2021
Terug na e-Afrikaner

AB in dialoog: Met Genl. Roland de Vries
Beveilig jou gemeenskap  (Webinaar: 16 Junie 2021) 


“Wat tans in die land aan die gang is, is niks anders as misdaad-terreur nie. Ons is verby die punt van konvensionele polisiëring en wetstoepassing, sê Roland de Vries, ’n internasionaal gerekende militêre kenner en voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Leër.”  
(Artikel in Netwerk24 op 4 Augustus 2020) 

“Ons is ook verby die tyd waar buurtwagte en plaaswagte ’n oplossing bied. Ons het ’n hoër graad van paraatheid nodig,” sê hy.

AB in dialoog webinaar (Lede sal ook opvolg kennisgewing kry) 
Spreker: Genl. Roland de Vries 
Datum: 16 Junie 2021
Tyd: 17:00 
Zoom: Registreer om Zoom webinaar skakel te ontvang (Sien skakel onder) 

De Vries wat landwyd gemeenskappe help om hulself te beveilig en behoorlike veiligheidstrukture op te stel, sê die voortdurende grondbesettings, oproerigheid, die presisie waarmee plaasaanvalle gepleeg word, asook die onderduimse taktieke wat gebruik word, is ’n aanduiding dat ’n oorlog in die land woed. “Die bedreiging tans is dieselfde wat jy in ’n onkonvensionele oorlog ervaar,” sê hy.

Die boek (Veiligheid vir Gemeenskappe wat deur Genl. Roland de Vries en drie medewerkers (Henriëtte de Vries, traumasielkundige, Cecil Gericke ’n tegnologiekenner en Hans-Jurie Moolman ’n regskenner) geskryf is, beslaan meer as 800 bladsye en is die eerste handleiding in sy soort wat gemeenskappe leer hoe om sekere militêre konsepte te gebruik om hulself op ’n wettige wyse te beveilig.

• Hierdie boek is ’n volledige doktrine vir die bemagtiging van gemeenskappe ter selfbeskerming.
• Elke persoon wat deur misdaadterreur in Suid Afrika bedreig word moet van hierdie boek kennis neem.

________________________
Skakel vir registrasie na AB in dialoog webinaar (Lede sal ook opvolg kennisgewing kry) 

Registreer nou reeds vir die webinaar op 16 Junie 2021:

Nooi u vriende en familie om die webinaar by te woon. 
(Tydens 'n webinaar is slegs die panneellede sigbaar) 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: