Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 26 November  2020
Terug na e-Afrikaner

Van waar Gehasi?   - Genealogie beginnerskursus


Die FAK se genealogie lessenaar het ons versoek om die onderstaande onder ons lede se aandag te bring.

Van waar Gehasi? - Is ‘n genealogie beginnerskursus en word op Saterdag 5 Desember 2020 by die FAK Huis langs die Voortrekkermonument in Pretoria aangebied. Die kursus begin om 08:15 en duur die hele oggend. 

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sien die FAK genealogie as ’n belangrike sleutel om die historiese geheueverlies onder kinders aan te spreek. Deur genealogie weet elkeen in die gesin waar hy vandaan kom en dit gee baie raakpunte om ook met kinders te gesels oor die konteks waarin hulle ouers of grootouers geleef het.
 
“Afrikaners is een van die min volke ter wêreld wie se rekords redelik volledig tot die 17de eeu terugstrek. Die FAK het ervaar daar is onder gesinne en families ’n nuwe belangstelling in wie ons is en waar ons vandaan kom. Udolpho, die FAK se kultuurvakansieplaas naby Parys, is vir familiesaamtrekke veral gewild. Daar is ’n toename in besprekings van families wat duidelik dui op ’n groot behoefte,” aldus Langner.

Die Genealogielessenaar is in Januarie 2020 gevestig om by te dra tot die bewusmaking en bewaring van persoonlike familiegeskiedenis as onderbou van algemene kultuurerfenis veral met fokus op diens aan FAK-vriende, maar ook tot diens van die algemene publiek. Die FAK wil graag ’n netwerk vorm vir genealogiese navorsing in die RSA.

Die bekende genealoog Isabel Groesbeek, wat familielyne vir meer as 30 jaar naspoor, is nou deel van die FAK-familie en staan aan die hoof van dié navorsingslessenaar. 

Inskrywingsvorm is op aanvraag beskikbaar.
Meer inligting oor kursus te sien by www.genealogielessenaar.com 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: