Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 27 Julie 2021
Terug na e-Afrikaner

Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte 
Anargie en die grondwetlike bestel (Webinaar: 29 Julie 2021) 


Ad Hoc Groep webinaar (Donderdag 29 Julie 2021) 

Suid-Afrika begin stadigaan herstel en bereken die koste van onlangse anargie en plundertogte wat polities uitgebuit en misbruik is in die ANC se interne faksiegevegte. Dit het oorgespoel in grootskaalse vernietiging van infrastruktuur, voertuie, eiendomme, informele ekonomiese aktiwiteite en plundery van winkels op ongekende skaal. Veral KwaZulu-Natal en Gauteng het deurgeloop. Dit word gesê dat dit ʼn opstand was teen die grondwetlike demokrasie.   
Wat hou dit vir Suid-Afrika en vir eiendomsreg in?

Hierdie en vele ander kwessies word hanteer tydens die webinaar van die Ad Hoc Groep vir die beskerming van Eiendomsregte

Datum:         Donderdag 29 Julie 2021 
Tyd:             10:00 - 12:00 (Zoom )
Registreer vir die Zoom Webinaar voor of op 28 Julie 2021 om 17:00 
Volg die skakel 


Grondwetlike demokrasie Art25 Grondwetwysiging oor eiendomsreg  - Webinaar 

10:00 op Donderdag 29 Julie 2021 

Voorlopige sprekers en aanbiedings 

Prof Andre Duvenhage (NWU) - Inleidende politiek strategiese perspektiewe Bedreiging van Eiendomsreg 

Dave Steward (FW De Klerk Stigting) - Is die grondwetlike demokrasie onder druk? 

Piet Le Roux (Sakeliga) - Die ekonomiese koste en die gemeenskap se reaksie daarop. 

Genl Chris van Zyl (TLU) - Veiligheidsperspektief 

Parlementêre perspektiewe (Opposisiepartye

Paul Oxley (GOSA) Stand van Sake met vuurwapen onteiening

Stand van sake met Art 25 grondwetwysiging 

Stuur die besonderhede ook aan na u netwerke

Enige navrae of insette na kommentaar@abond.co.za 


Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg. 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: