Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          September 2023

AfriForum se raswetgewing verslag

 

 Die burgerregteorganisasie AfriForum het pas ’n verslag vrygestel oor die mees blatante voorbeelde van die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende wetgewing. Die verslag ontleed en kritiseer regstellendeaksiebeleide, verder word daar ook besonderhede gegee oor die verband tussen rassediskriminerende wetgewing en korrupsie. Laastens bied AfriForum se verslag antwoorde op die vraag: wat het die regering se wetgewing en beleid, wat op grond van ras diskrimineer, bereik?

 

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, het met die bekendstelling van die verslag op 28 Augustus 2023 saam met die skrywer van die verslag, Johan van der Merwe, die inhoud daarvan bespreek en vrae beantwoord. Van Zyl het beklemtoon hoe die vlaag van openbare mening die afgelope paar jaar teen die ANC se ras-obsessie gedraai het, terwyl Van der Merwe die omvang van die skade wat die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende wetgewing aangerig het, beklemtoon het.

 

“Suid-Afrika het ’n groot sistemiese rassisme kwessie in die vorm van swart ekonomiese bemagtiging en die ANC se groeiende lys rassewette. Dit moet ook nie ‘omgekeerde rassisme’ genoem word nie, dit is bloot rassisme. Rassediskriminerende wette was in die verlede verkeerd, en dit is ook in die hede verkeerd,” gaan Van Zyl voort.

 

“Nou dat rassewette in die 21ste eeu steeds voortduur, soos AfriForum se verslag toon, is dit hoog tyd vir die beëindiging van hierdie afskuwelike praktyke en dat die gryp van strooihalms om dit te probeer regverdig, onmiddellik ophou,” sluit Van Zyl af.

 

In die verslag word aangetoon dat sedert 1910 het Suid-Afrika 313 stukke rassewetgewing aanvaar, waarvan minstens 116 in werking getree het ná die koms van demokrasie in Suid-Afrika in 1994. Die post-1994 regering van Suid-Afrika het ongeveer 37% van Suid-Afrika se rassewette geskep terwyl hulle steeds lippediens aan nie-rassigheid en gelykheid toon.

 

Die volledige verslag kan hier gelees word

https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/08/20230810-Ernst-vZ-Racial-laws-AW-ENG-FINAAL.pdf

 


Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: