Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             Junie 2021

AB lid word 100-jaar oud


 Dr GI (Igna) Van Rooyen het op 30 Mei 2021 100 jr oud geword.

Lede van die AB in die Wes-Kaap het verlede week besoek gebring aan dr Igna Van Rooyen en sy vrou by hul huis in Durbanville om vir dr Igna geluk te wens met sy 100e verjaardag wat op Sondag 30 Mei 2021 gevier is.


Tydens die geleentheid is ‘n bottel van die AB se Eeufees Port aan Dr Igna oorhandig. Die Port is gebottel ter viering van die AB se 100 ste verjaardag in 2018.


Dr Igna van Rooyen het op Ikeys medies studeer en was toe later Adjunk Direkteur-Generaal by die Departement van Gesondheid. Hy het 22 Mei 1969 in Pretoria lid van die AB geword .. Hy onthou nog dat hy daar sekretaris van ‘n afdeling was. Na hy afgetree het, het hulle in Durbanville kom woon . Daar was hy ook sekretaris van sy afdeling.


Dit gaan onder omstandighede goed met dr Igna en sy gade . Hy beweeg wel in ‘n rolstoel maar hy hoor nog goed en onthou nog van die jare toe hy skoolgegaan het.


Op die  foto (sien bo)  is dr Igna Van Rooyen saam met  Ds Anton Janse Van Rensburg, Voorsitter van Bellville Streek van die AB en ook onder-voorsitter van die AB in Gebied 1 Goeie Hoop , Nico Burger , Gebiedsekretaris van die AB in Gebied 1 Goeie Hoop , Johan Van Tonder , Voorsitter Afdeling Bellville Môreson, waarby Dr Igna ingeskakel is. 


Nico Burger

Gebiedsekretaris van die AB in Gebied 1


Ons wens Br Igna van Rooyen ook van harte geluk met die groot mylpaal. Dr Igna is op sy verjaarsdag gebel en die gelukwense namens die Nasionale Raad en die lede van die Afrikanerbond is oorgedra. Dr Igna het die meelewing besonder op prys gestel.   


Wees sterk! 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: