Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          Mei 2023

Elke dag 'n mooi nooi en 'n moord

 

Hennie van Deventer dra gereeld by tot die AB Nuusbrief en plaas ons graag die inligting oor sy volgende boek.

 

 Uit polemieke petaljes; rusies en romanses ;herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ʼn ryk oes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is.

 

Die veteraan van die perswese staan bekend as ʼn gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek met ʼn binneblik op die koerantwêreld. In ʼn onderhoudende keuse van stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan :Charlize Theron se “net 44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “’n ander SuidSuid-Afrika”, die slagspreuk “Kill the Boer” ….

 

Sy tema is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantore en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry – ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie, maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhede soos prinses Diana en Anneline Kriel 

 

  • Hennie van Deventer was redakteur van Die Volksblad en uitvoerende hoof van koerante van Naspers. Bekronings sluit in die Phil Weber-prys, Naspers se hoogste eerbewys, en die gesogte Nieman Fellowship aan die Harvard Universiteit. Sy vorige boek by Naledi, Koerantkamerade, het in 2021 verskyn. Hy en sy vrou, Tokkie, woon in Melkbosstrand.

 

Vir meer inligting volg die skakel:

 https://naledi.co.za/product/elke-dag-n-mooi-nooi-en-n-moord/

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: