Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          Oktober 2023

AB en FAK leierskap ontmoeting

 

Die dagbestuur van die Nasionale Raad van die Afrikanerbond het ʼn besonder suksesvolle strategiese en beplanningsgesprek op 7 en 8 September 2023 by die Voortrekkermonument gehou. Onder andere is aandag gegee aan die verskillende prioriteite wat spruit uit Bondsraad 2022 en die verskillende fokusareas van die Nasionale Raad wat  ook insluit die bou van verhoudinge tussen Afrikaners en Afrikaner organisasies. As praktiese uitlewing van die prioriteit is die FAK genooi tot gesprek en op die Vrydagoggend van ons gesprek het prof. Danie Goosen, en dr. Danie Langner onderskeidelik voorsitter en besturende direkteur van die FAK, aangesluit by die besprekinge. .

 

Die gesprek is gegrond op die basis van die lang geskiedenis tussen die organisasies wat van die oudste organisasies is in die Afrikaner huishouding. Tydens die gemoedelike en hartlike gesprek is die lang en diep verbondenheid aan die gemeenskaplike verlede herbevestig. Beide organisasies is geanker in Afrikanerskap sonder ontkenning van ons verlede.

 

Verskeie gemeenskaplike kwessies is bespreek. Die FAK het die gemeenskaplikhede tussen die organisasies bevestig en is dit die basis van ons verhouding en dit vorm ook die basis en interaksie met ander organisasies God-drie-enig, gesin, gemeenskap as basis van Afrikaner kultuur, geskiedenis en ons gedeelde verlede, en Afrikaans. Hierby vind die Afrikanerbond sterk aanklank. Ons besef dat elkeen in die Afrikaner kultuurhuishouding ʼn besondere taak het en is die AB se rol dié van aktuele en strategiese leiding. As mede-leiers in die Afrikaners se kultuurhuishouding het ons mekaar meer as ooit nodig.  

 

Uiteraard is kommer ook met mekaar gedeel oor kwessies wat Afrikaners direk raak in die politiek staatkundige omgewing, gesin en familie waardes en ons erfenisse en hoe dit beskerm kan word.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: