Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          September 2023

Beskostigbare studielenings van R70 000 per jaar

 

 Die Noordelike Helpmekaar-Studieleningsfonds ( NHSF), as nie -winsgewende organisasie, kon oor baie jare letterlik duisende studente help om hulle studie-drome te verwesenlik.

 

Die NHSFonds het sy wortels in die groot insamelingspoging wat net na die Rebellie van stapel gestuur is om die skuld van die Rebelle af te betaal. Die onderneming het bekend gestaan as die Helpmekaarbeweging en letterlik miljoene rand, in vandag se geldwaarde, is met die grootse poging ingesamel teen November 1917. Nadat die skuld afgelos is, het elke provinsie ‘n bedrag gekry om kinders te laat leer deur middel van studielenings.

 

Tans kan ‘n  voltydse student R 70 000 per jaar leen teen 3% onder die primakoers vir die volle studietydperk. Na voltooiing van die studies word die leningskoers prima en het die leninghouer 2 jaar vir elke jaar wat studeer is, om terug te betaal.

 

Belangstellendes kan gerus vir moontlike studiebefondsing via die webblad aanklop by www.nhsf.org.za of skakel by (011)782-9160. 

Lede en afdelings word versoek om die inligting te sirkuleer na familie en vriende

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: