Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             Junie 2021

Boekbekendstelling - Verslag


Die Broederbond – Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” 

Deur Prof ELP Stals Met voorwoord deur Prof Hermann Giliomee 

 

Op Woensdag 5 Mei 2021 is die boek “Die Broederbond – Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” Deur Prof ELP Stals en met voorwoord deur Prof Hermann Giliomee bekendgestel. Die geleentheid het by die Aan-Die-Berg-gemeente in Northcliff plaasgevind.

 

Verskeie lede, organisasieverteenwoordigers en belangstellendes het die geleentheid bygewoon terwyl dit ook aanlyn op Zoom uitgesaai is.

 

Die aanbieder Freek Robinson het in gespek met Prof Ernst Stals (Sien foto bo) verskeie kwessies hanteer waaronder die navorsing oor die boek, die Afrikaner-Broederbond en die bemagtiging van die Afrikaner, kwessies oor afsonderlike ontwikkeling en ook die AB se rol in die totstandkoming van die nuwe bedeling.

 

Na afloop van die gesprek is ʼn spesiale oorkonde aan Prof Stals oorhandig; Deel van die Commendatio lui soos volg:

“Prof ELP Stals is op 8 Januarie 1992 deur die Afrikaner-Broederbond versoek om die geskiedenis van die organisasie op te teken. Dit het hy oor ‘n tydperk van ses jaar vermag. Die manuskrip is in 1998 voltooi. Amper 30 jaar later na die aanvanklike versoek word die boek nou in die openbaar bekendgestel.

 

Prof ELP Stals was die regte persoon op die regte tyd en met die regte agtergrond om die boek saam te stel uit noukeurige navorsing, onderhoude en baie lang ure in die argiewe van die Afrikaner-Broederbond. Sy verbintenis as lid van die Afrikaner-Broederbond strek sover terug as 1966. In 1958 het hy een van die eerste lede van die Ruiterwag op Stellenbosch geword.

 

Sy besondere belangstelling in Afrikaners deur die noukeurige optekening van die geskiedenis van die besondere gemeenskap plaas Ernst Stals as een van die voorste geskiedskrywers in Suid-Afrika. Met die leidinggewende navorsing en publikasie van die Afrikaner-Broederbond lewer Prof Ernst Stals ʼn uitnemende bydrae tot ʼn openhartige beeld van die Afrikaner-Broederbond. Met hierdie besondere publikasie word die volledige geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond wat as vertroulike organisasie gefunksioneer het in die openbare domein geplaas. Enige akademiese navorser of persoon wat belangstel in die geskiedenis van die Afrikaner behoort die werk van Ernst Stals te bekom. Prof Hermann Giliomee wat die voorwoord geskryf het vir die die trotse publikasie skryf hieroor Ek reken Stals se manuskrip onder die vier of vyf mees uitstaande historiese werke in Afrikaans.

 

Hiermee gee ons graag erkenning by wyse van die oorhandiging van ʼn oorkonde aan Prof ELP Stals vir u buitengewone bydrae met die omvangryke geskiedskrywing van Afrikaner-Broederbond.

 

Oorkonde aan Prof ELP Stals - Wat as Afrikaner ʼn buitengewone bydrae gelewer het met die omvangryke geskiedskrywing van die Afrikaner-Broederbond en sodoende ʼn enorme bydrae gelewer het tot die vaslegging van die geskiedenis van die bemagtiging van Afrikaners oor vele lewensterreine in die bestaan van die organisasie. (Sien foto)

 

Verskeie oud-Voorsitters het ook die geleenheid bygewoon en het ook spesiale weergawes van die boek

die name in orde van links na regs:  (Sien foto bo)

Voor: Prof. Piérre Theron (2007-2010)  Deon van Garderen (2004–2007)

Staande Pieter Vorster (2010–2014) Dries Wiese (Huidige voorsitter sedert 2020), Jaco Schoeman (2014- 2020)

 

Tydens die gesprek wat Freek Robinson met Prof Ernst Stals gehad het is verskeie insetsels ook gespeel. Die nuusbrief bevat die teks van die onderhoud met Dr Danie Langner van die FAK en Voortrekkers. Tydens die gesprek is ‘n verkorte onderhoud met Prof Hermann Giliomee, uitgesaai.

 

Tydens die onderhoud met Prof Hermann Giliomee, wat ook die voorwoord tot Die Broederbond geskryf het praat prof Hermann Giliomee, oor ʼn wye reeks kwessies: 

- Die bemagtiging van Afrikaners 

- Die armblanke vraagstuk 

- Afrikaners kwotas en die staat, lesse vir die ANC 

- Afrikaner-Broederbond en apartheid 

- Persepsies oor die Afrikaner-Broederbond en baantjies vir boeties 

- Die einde van afsonderlike ontwikkeling 

- Die Afrikaner-Broederbond en geheimhouding

- Veranderde denke by Afrikaners, die onderhandelinge en die nuwe bedeling 

- Afrikaans en die Universiteit van Stellenbosch 

- Afrikaners, die verlede en  die toekoms 

(U word genooi om die volledige onderhoud te kyk by die volgende skakel na die onderhoud)


Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: