Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

                                         Nee  - vir ontwapening 
Ja  - vir selfverdediging 

Vir Kennisname – Na verskeie vertoë is uitstel op die Voorgestelde Vuurwapenbeheer wetsontwerp verleen en kan kommentaar tot 2 Augustus 2021 ingedien word  - Volg skakel onder vir kommentaar

 

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg - Bespreking oor die Voorgestelde Vuurwapenbeheer wetsontwerp

Skakels na insette en aanbiedings - Woensdag 23 Junie 2021 (TLU SA Silverton)


Onderstaande inligting handel oor die ontmoeting oor die Voorgestelde Vuurwapenbeheer wetsontwerp wat op 23 Junie 2021 in Pretoria plaasgevind het. Die Afrikanerbond is die sameroeper van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte wat die ontmoeting gefasiliteer het en behartig ook die sekretariaat. 

 

Onder is die video skakels van insette wat gelewer is. U is welkom om dit aan te wend en in u netwerke te versprei. U kan ook meer lees in ons e-Afrikaner (Skakel na Virtuele Nuusbrief).    

 

NUWE DOKUMENTE VIR KENNISNAME:

ONDERSTEUNEND TOT KONSEPWETGEWING - LET WEL UITSTEL IS VERLEEN EN

KOMMENTAAR KAN TOT 2 AUGUSTUS 2021 INGEDIEN WORD

 

U moet kennis neem van die volgende verwikkelinge. Die konsepwetsontwerp is gebaseer op verslae wat tot nou nie deur die Burgerlike Sekretariaat van die SAPD beskikbaar gestel is nie. Verskeie regskundiges het in ʼn dringende skrywe die nodige dokumente versoek. Dit is verlede Vrydag beskikbaar gestel en u kan dit aflaai en bestudeer by die volgende skakels:

Report of the Committee on Firearms Control and Management in South Africa

https://www.dropbox.com/s/1q8x3hzqsvapfu2/Report%20of%20Committee%20on%20Firearms%20Control%20and%20Management%202016.pdf?dl=0

 

Analysis of the effect of the Firearms Control Act on crime 2000 – 2014

 Besigtig  http://www.policesecretariat.gov.za/downloads/reports/CSPS-WSG_Firearms_Report.pdf

Laai af – 178 bladsye  (Volg skakel)

https://www.dropbox.com/s/rm20jhimjefpwjr/CSPS-WSG_Firearms_Report%20copy%20%28COMMENTS%29.pdf?dl=0

****** Hiermee is ʼn klomp dokumentasie skielik beskikbaar gestel en na vertoë is die datum vir kommentaar uitgestel.

 

SKAKELS NA VIDEO OPNAMES VAN INSETTE SOOS GELEWER TYDENS DIE AD HOC GROEP VIR DIE BESKERMING VAN EIENDOMSREGTE SE GESPREK OOR VUURWAPENS  - 23 Junie 2021

 

Inleidende perspektiewe soos op Youtube / individuele insette

 

  INLEIDENDE PERSPEKTIEWE

   Politieke Omgewingsperspektief  Konteks via wetgewings - Prof Andre Duvenhage

Laai aanbieding af – PowerPoint

   

   Regs en grondwetlike perspektiewe – Prof Koos Malan  

   

   PEPUDA en konteks van wetgewing -  Adv Jacques du Preez - (FW De Klerk Stigting –) 

Laai FW De Klerk Stigting se voorlegging af

   

   Vuurwapen Spesifieke perspektief – Omvattende aanbieding Fred Camphor – SA Jagters 

Laai aanbieding af – PowerPoint


   PARLEMENTÊRE PERSPEKTIEF - POLITIEKE PARTYE

 

   VF Plus - Dr Pieter Groenewald, LP (Partyleier) 

   

   Demokratiese Alliansie - Andrew Whitfield, LP – (DA Woordvoerder oor SAPD)

 

  ORGANISASIE EN INDIVIDUELE INSETTE


   Burgerlike en gemeenskapsperspektief  - Bennie van Zyl TLU SA 

   

   Lynette Oxley - Girls on Fire

   

   Tshepi Mmekwa Gun Owners SA

   

   Jonathan Deal – #SafeCitizen SA

   

   Pieter Vorster – Afrikanerbond

   

   Ernst van Zyl – AfriForum

   

   Adv Albert Murphy   Laai regsmening af

   

SAMEVATTING

   Samevatting en standpunt (Prof Andre Duvenhage)


Landbouspore - Oorsig van dag se gebeure deur die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte Sekretaris – Jan Bosman

 

  **** PEPUDA - Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling het onlangs die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie wysigingswetsontwerp gepubliseer/ Kommentaar moet voor 30 Junie 2021 ingedien word.  Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg het geoordeel dat ʼn inset hieroor belangrik is.

 

PETISIES – SKAKELS NA BESTAANDE PETISIES WAT ONDERSTEUN KAN WORD

 

SA Jagters  SA Hunters

 

Demokratiese Alliansie

 

Vryheidsfront Plus


AfriForum   

 

 

Ons wil vertrou dat die insette u sal help om teen 2 Augustus 2021 u kommentare in te dien.   U kan ook insette onder lewer.

Comments.fcabill@csp.gov.za - E-pos adres vir kommentare na die SAPD

Vuurwapenbeheer Konsepwetsontwerp kommentaar - Die Afrikanerbond

Share by: