Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          September 2023

Opname van die Afrikaners in dialoog met:

 - Dr. Theo de Jager Gesprekswebinaar:   Donderdag 31 Augustus 2023


Tema: “Eiendomsreg en Onteiening sonder vergoeding: Die Zimbabwe voorbeeld en lesse vir Suid-Afrika”


Ons opregte dank en waardering vir die wye belangstelling en deelname in die AB in Dialoog webinare. Die webinaar met dr. Theo de Jager was net so suksesvol en is goed bygewoon. 

 

Tydens die gesprek is ʼn hele aantal kwessies hanteer. Onder andere is gepraat oor: 

  • Suid-Afrikaanse boere en die probleme wat hulle ervaar in ‘n onvriendelike beleidsomgewing;
  • Kan die regering vertrou word met grondhervorming en word die doelpale nie heeltyd geskuif nie.
  • Grondhervorming wat nodig is, maar nie suksesvol is nie, met verwysing na voorbeelde. Daar is ‘n groot verskil tussen grond en die skepping van ‘n plaas.
  • Die stryd wat nog steeds gevoer word om vergoeding vir Zimbabwe se boere wat van gronde afgesit is.
  • Lesse geleer uit die Zimbabwe voorbeeld en wat Suid-Afrika dalk anders maak. 
  • Waarom Afrika wat soveel potensiaal het, nie suksesvol is nie met 50 lande op die kontinent - wat nie vry en privaatbesit van landbougrond het nie, en wat die oorsaak is waarom ons nie die rykdom van landbou op hierdie vasteland kan ontsluit nie.
  • Hoop vir SA boere – terwyl ons boere met groot sukses elders in Afrika gevestig raak.

 

Kyk na die geredigeerde weergawe van die webinaar by die volgende skakel:  AB in DIaloog met dr Theo de Jager.   

 

Lede en afdelings is welkom om name van gassprekers of aktuele kwessies voor te stel wat ons kan oorweeg vir toekomstige webinare. Stuur gerus enige inset na Volg die skakel om e-pos te stuur.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: