Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             Junie 2021

Woord deur die Voorsitter  Afrikaners in meer as 'n eeu van uitnemendheid


Deur Dries Wiese

Voorsitter van die Nasionale Raad

 

Sedert Uniewording op 31 Mei 1910 en met die totstandkoming van die Republiek op 31 Mei 1961 het Suid-Afrikaners uit alle gemeenskappe die land, wat positiewe en negatiewe oomblikke gehad het, opgebou.

 

Op 5 Junie 2021 is die Afrikanerbond en sy voorganger die Afrikaner-Broederbond 103 jaar oud. In die opbou van Suid-Afrika oor 103 jaar, het Afrikaners 'n reuse aandeel gehad en bring ons graag hulde:

  • Suid-Afrika is opgebou tot 'n industriële reus in Afrika en 'n formidabele en wêreldklas infrastruktuur is ontwikkel;
  • 'n Lewenskragtige Afrikaanse media is gevestig;
  • Verskeie universiteite ook Afrikaanse universiteite is tot stand gebring wat kon spog met akademiese uitnemendheid;
  • Afrikaans het in die tyd tot een van vier tale ter wêreld wat in die twintigste eeu ontwikkel is van `n spreektaal tot `n hoër orde taal; 
  • Verskeie groot Afrikaanse maatskappye is gevestig en is Afrikaners ekonomies bemagtig; 
  • Die Bybel is in Afrikaans vertaal
  • 'n Ryk kerk- en kultuurlewe is vir Afrikaners gevestig;
  • Afrikaners word wêreldleiers in mediese, tegnologiese en wetenskaplike ontwikkeling
  • 'n Krygstuig-industrie sonder weerga ontstaan;
  • Afrikaners word leiers in landbou-ontwikkeling en voedselverskaffing;
  • Afrikaners was aan die spits van die strewe en uiteindelike bereiking van die republikeinse ideaal en het 'n kardinale rol gespeel in die totstandkoming van 'n volle demokrasie.

 

Met durf en waagmoed is al die bogenoemde en vele meer bereik. Dit is inderdaad 'n prestasie vir Afrikaners. Ons durf nie nou verslap nie! Die Afrikanerbond, sedert sy ontstaan in 1918, was betrokke by die meeste van die hoogtepunte in die laaste eeu. Kom werk saam aan die volgende jare se hoogtepunte, tot voordeel van Suid-Afrika. 

 

Op 31 Mei 2021 kon ons terugkyk na 60 jaar sedert republiekwording. Die 60 jaar is feitlik om die helfte verdeel tussen die Nasionale Party (33 jaar) en die ANC (27 jaar). Dit is daarom jammer dat die president dit goed geag het om in sy weeklikse nuusbrief die viering van republiekdag verdag te maak. Dan word die apartheidverlede weer ingesleep. Die President sê dan: “This unhappy anniversary takes place in the same month that we celebrate the 25th anniversary of the adoption by the Constitutional Assembly of our new democratic Constitution, which became the birth certificate of a real united nation. Now we have one law for one nation. Together, we have chosen for ourselves a system of government that gives true meaning to the concept of a republic.”

 

Die President gaan dan voort om die wonderlike land te besing wat in die laaste 27 jaar tot stand gekom het (Lees gerus self)  http://www.thepresidency.gov.za/from-the-desk-of-the-president/desk-president%2C-monday%2C-31-may-2021

-      ʼn land waar almal gelyk is; (behalwe waar wetgewing mense tot ongelyke status dwing)

-      vrye uitlewing van kultuur en tradisies (nie ʼn woord oor taal nie)

-      waar die regering verantwoordingspligtig is (maar dit nie prakties gedemonstreer word nie)

Die President bevestig dan opnuut “We have long decided what kind of society we want to be. It is a society rooted in human dignity, equality, freedom and non-discrimination.”

 

Dit sou vandag nog steeds die ideaal wees, maar die ANC en veral die ANC in regering ondermyn die grondwet, en ons demokrasie en ons republiek feitelik daagliks. Ons sou graag die stand van die republiek anders wou beoordeel en nie deur die president se rooskleurige lense nie. Ons kan dit slegs doen met die volgende in gedagte aangesien daar geen verwysings in die 1996 grondwet is na die vogende ANC beleidspraktyke in die 1996-grondwet van die RSA nie.

Geen verwysing na korrupsie nie! 

geen verwysing na staatskaping nie!

geen verwysing na transformasie nie!

geen verwysing na kaderontplooiing nie!

geen verwysing na swart ekonomiese bemagtiging nie!

geen verwysing na regstellende aksie nie!

 

Dit is die Suid-Afrika wat ons vandag ervaar en dit blyk dat die Republiek nie so gesond is wat voorgegee word nie. As die president dan praat van menslike waardigheid, gelykheid, vryheid en geen-diskriminasie nie, dan is dit ydele woorde wat ons ongelukkig nie ervaar nie.

 

Die Afrikanerbond wat die sameroeper is van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte sien die Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing as vuurwapen onteiening van Suid-Afrikaanse burgers. Wanneer enige eiendomsreg bedreig word hetsy dit grond of vuurwapens is, moet dit op dringende basis hanteer word.

 

Daar is baie groot onrustigheid oor die vuurwapenwetsontwerp wat neerkom op onteiening van vuurwapens en gevolglik het lede van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg die noodsaak besef vir ʼn uitgebreide byeenkoms van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg. By die geleentheid wil ons ook graag soveel moontlik rolspelers in die vuurwapenbedryf sowel as opposisie partye betrek.  Die geleentheid vind op 23 Junie 2021 plaas. Ons nooi lede van die Afrikanerbond om insette oor die voorgestelde vuurwapenwetsontwerp aan ons deur te stuur vir oorweging. Die Afrikanerbond sal met die hulp van ʼn kundige, ook formeel kommentaar lewer. 

 

Ons boekbekendstelling het op 5 Mei 2021 in Johannesburg plaasgevind. Dit was ʼn besondere geleentheid en was dit vir my ʼn voorreg om saam met voormalige voorsitters die geleentheid by te woon en saam ook verskeie kopieë van die boek te teken. Alle lof egter aan Prof Ernst Stals wat meer as sy man gestaan het in die gesprek met Freek Robinson en die inhoud van die boek op treffende wyse oor te dra. Hiermee dan weer opnuut gelukwense aan Prof Stals met ʼn uiters omvattende en deeglike werk. 


Wees sterk! 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: