Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           April 2023

AB Gesprekswebinaar :  Afrikaners in dialoog met: Dawie Roodt


Tema: Suid-Afrika, ekonomiese groei en ontwikkeling en ons posisie in die internasionale ekonomiese gemeenskap en wat beteken BRICS vir ons?



Datum:  19 April 2023 om 17:30

 

Suid-Afrika se ekonomiese toestand is ten nouste verweef met die land se politieke omstandighede.

 

Kenners is dit volgens Netwerk24 eens soos aangehaal op 3 Maart 2023 “Groot maatskaplike onrus kan kom as die regering nie daadwerklik ingryp nie. Die kruitvat is reeds opgebou uit wisselvallige ekonomiese, politieke en maatskaplike omstandighede en hy kan enige tyd tot grootskaalse onluste, onstabiliteit of in die ergste graad selfs ‘n burgeroorlog lei.”

 

Volgens die bostaande berig word die ekonoom Dawie Roodt in Netwerk 24 soos volg aangehaal: “ Roodt glo nie daar sal ʼn burgeroorlog in die tradisionele sin van die woord wees nie, maar dat die land wel onluste gaan sien. Suid-Afrika is te divers vir ‘n burgeroorlog, want dit beteken daar is een groep teen ‘n ander. Dis eerder maatskaplike onstabiliteit, sê Roodt. Hy sê as daar geweld uitbreek soos dié in Julie 2021, hou dit gevaar vir buitelandse beleggers en ook vir klein ondernemings in. Dit kan sekere groepe polariseer om teen ander op te tree en dan is daar ook grootskaalse plundery.

 

Op Menseregtedag verklaar president Ramaphosa met trots: “Net meer as 2,5 miljoen mense het in 1999 maatskaplike toelaes ontvang. Vandag ontvang meer as 18 miljoen mense hierdie toelaes.” Wat sê dit van volhoubare werkskepping wat nie realiseer nie, ekonomiese groei wat nie plaasvind nie en ʼn al hoe groter afhanklikheid van staatstoelaes . Is suid-Afrika besig om reeds ʼn tweede generasie te skep van staatsafhanklikheid teenoor Brittanje wat al ʼn derde generasie staatsafhanklikheid skep.

 

Wat moet in die ekonomie gebeur vir ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling en is Suid-Afrika besig om deur sy internasionale vennote in BRICS ons groot beleggersvennote te vervreem? Wat hou die gryslys vir ons in?


Dawie Roodt gesels oor dié en vele ander kwessies in die volgende AB in dialoog webinaar.

 

 Kom luister en gesels met Dawie Roodt op Woensdag 19 April  2023 om 17:30. U is welkom om vooraf vrae stuur na kommentaar@abond.co.za

 

Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik)

 

Datum:        Woensdag 19 April 2023 

Tyd:               17:30 – 18:45 

Spreker:       Dawie Roodt

Tema:           Suid-Afrika, ekonomiese groei en ontwikkeling en ons posisie in die internasionale ekonomiese gemeenskap en wat beteken BRICS vir ons?


Registrasie:  Volg die skakel  of die QR - Kode onder

 https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_XzOkFLymTPuq4_hgc4KhRw

 

Meer oor Dawie Roodt

 

Dawie Roodt ʼn stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group.


Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Hy spesialiseer in monetêre en fiskale beleid en is ʼn kenner van die ekonomiese gevolge wat “krypto” bates kan inhou. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Hy is al vir 17 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.

 

SY LOOPBAAN SLUIT DIE VOLGENDE IN

  •     Meestersgraad in Ekonomie (cum laude)
  •     Ekonoom by die Suid-Afrikaanse Reserwebank
  •     Het al meer as 1000 televisie, en 1500 radio programme aangebied
  •     Ekonomiese redakteurskap van ʼn finansiële tydskrif
  •     Rubriekskrywer vir ʼn aantal publikasies
  •     Lid van BUSA en NEDLAC
  •     Lid van die Instituut van Direkteure van SA (IODSA)
  •     Lid van die SAIRR.
  •     Raadslid van die Wêreld Boerevereniging
  •      Gereelde gasspreker en dosent, plaaslik en internasionaal

 

VERDERE PRESTASIES EN AFFILIASIES

  •        Nasionale kleure in gemotoriseerde hangvlerksweef (powered paragliding)
  •        Outeur van “Tax Lies and Red Tape”, 2013
  •        Erelid van Golden Key International
  •        Ambassadeur van Child Welfare Bloemfontein en Childline Vrystaat
  •        Lewenslange lidmaatskap van die Zoologiese Vereniging van Suid-Afrika
  •        Wenner van die 2015 Pionier Rally met blinde navigator Hein Wagner
  •        Beskermheer van die WAT



Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar – Die skakel vir die gaste se registrasie is dieselfde. Let wel alle deelnemers se registrasie en teenwoordigheid bly vertroulik. 

 

Alle deelnemers wat geregistreer het sal ʼn bevestigende e-pos ontvang met die skakel waarop u dan inskakel by die Webinaar.

 

Na registrasie sal u meer inligting ontvang.   Ons sien uit daarna om u by die derde webinaar van 2023 op 19 April 2023 te ontvang. 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: