Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Maart 2023

AB Gesprekswebinaar :  “Koalisies oppad na 2024”

 Afrikaners in dialoog met: Prof Dirk Kotzé 

 

In onlangse woelinge in Gauteng het beide die Stad Johannesburg en Tshwane Stadsraad se koalisies onstabiliteit gebring en regeer die ANC en die EFF in samewerking met ander klein obskure partye. Dit bring groter wantroue by kiesers in die aanloop tot die 2024 algemene verkiesing. Daar is voor die totstandkoming van die nuwe bedeling van 1994 gemaan dat geen grondwet, nie eens die beste ter wêreld, sal werk as die mense mekaar nie vertrou en verstaan nie. Vertroue in die demokrasie is tans op ʼn laagtepunt.

 

Deur verantwoordelik om te gaan met die breë Suid-Afrikaanse belang kan politieke partye en hulle leiers deur gesprekke rondom koalisie ʼn grondslag vorm vir die noodsaak aan ʼn opvolgskikking waarbinne ons daadwerklik en met groot sukses kan werk aan die Suid-Afrika wat die meerderheid van Suid-Afrikaners in 1994 voorsien het. Hopelik kan ons deur stabiele koalisies weer beslag gee oor ons verstaan van ons grondwet, die waardes daarin vervat en die praktiese realiteit vandag in Suid-Afrika.

 

Na ‘n versoek aan prof. Dirk Kotzé van Unisa gesels ons oor koalisies oppad na 2024.

·       Kan koalisies op nasionale vlak werk? Is dit iets wat in ons politieke en staatkundige omgewing kan gebeur?

·       Hoekom werk koalisies nie op plaaslike vlak nie?

·       Wat moet die burgerlike gemeenskap doen om die omgewing voor te berei vir koalisies?

 

Kom luister en gesels met Prof Dirk Kotzé op Woensdag 22 Maart 2023 om 17:30. U is welkom om vooraf vrae stuur na kommentaar@abond.co.za

 

Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik)

 

Datum:       Woensdag 22 Maart 2023 

Tyd:              17:30 – 18:45 

Spreker:    Prof Dirk Kotzé

Tema:          Koalisies oppad na 2024

 

Registrasie: Registreer asseblief voor 14:00 op 22 Maart 2023   (Druk op skakel)

 

Meer inligting oor Prof Dirk Kotzé 

 

 Prof Dirk Kotzé is sedert die begin van 1988 ‘n dosent by Unisa in die Departement Politieke Wetenskappe. Hy is ‘n Raadslid van die South African Association of Political Studies en was ‘n lid van die Uitvoerende Komitee van die International Political Science Association en ook een van sy Vise-Presidente. Hy het aan die Universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Wits in Politieke Wetenskap en Geskiedenis gestudeer. Sy belangrikste spesialiteitsrigtings is Suid-Afrikaanse politiek en politieke konflikresolusie. Dit sluit spesifieke fokuspunte soos onderhandelings, oorgangsperiodes en demokratiseringsprosesse, verkiesings, die kwaliteit van demokrasie, politieke spotprente, internasionale verhoudings, grondhervorming en politieke partye in. Op die internasionale vlak het hy lesings gegee en gestudeer by die Northwestern University in Chicago, by Uppsala Universiteit in Swede en by die Middle Eastern Technical University in Ankara, Turkye.

 

Skakel na registrasie vir AB lede en gaste/belangstellendes: 

 https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_dbCTSBD8S--eaeSGV-Oc_g   (Sien QR Kode onder)

Druk op skakel bo om in te skakel op die webinaar


Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar – Die skakel vir die gaste se registrasie is dieselfde. Let wel alle deelnemers se registrasie en teenwoordigheid bly vertroulik. 

 

Alle deelnemers wat geregistreer het sal ʼn bevestigende e-pos ontvang met die skakel waarop u dan inskakel by die Webinaar.

 

Na registrasie sal u meer inligting ontvang.   Ons sien uit daarna om u by die tweede webinaar van 2023 op 22 Maart 2023 te ontvang.

_________________________


Op 13 Februarie 2023 het Prof Theo Venter, professor in praktyk aan die Universiteit van Johannesburg in die eerste AB in Dialoog webinaar gesels oor Uitdagings en geleenthede vir Suid-Afrika. Die gesprek is ingelei met die vraag: Hoe oorleef ons in ‘n VUCA-wêreld? VUCA verwys na Volatility (wisselvallig) Uncertainty, (Onseker) Complexity, (Kompleks) Ambiguity (Vaagheid, of dubbelsinnig)

 

Luister gerus by die onderstaande skakel na die eenvoudige oplossings wat Prof. Venter aan die hand gedoen het. Hoe oorleef ons in ‘n VUCA-wêreld?

1.    Innoveer en skep jou toekoms;

2.    Voer planne uit met spoed en buigsaamheid – dogma en ideologie is jou vyande;

3.    Identifiseer die ankers in die lewe;

4.    Soek vir eenvoud – om kompleksiteit te hanteer;

5.    Samewerking – alleen is jy magteloos;

6.    Hou aan met leer – hou by en ontwikkel; en

7.    Ontwikkel ‘n oorlewingsdrang – belê in veerkragtigheid

Volg die skakel na die geredigeerde weergawe van die onderhoud met Prof Theo Venter.

https://www.afrikanerbond.co.za/prof-theo-venter---13-februarie-2023

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: